Rompslomp met verassings
Avbob Namibia se besturende direkteur het erken dit is duidelik 'n moeilike situasie' omdat families wat geliefdes verloor het, afsluiting wil kry.
Henriette Lamprecht - Ekstra onkoste, vervoer- en verblyfreëlings asook rompslomp met uitvoer- en invoerpermitte is die werklikheid vir begrafnisondernemers wat noodgedwonge liggame in Suid-Afrika moet laat veras.
Die krematorium in Windhoek was vandeesmaand vir die soveelste keer buite werking weens “eindelose tegniese probleme”, met verassingsdienste wat gevolglik tot verdere kennisgewing opgeskort is.
Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Amutenya, was tegniese personeel en ingenieurs hard aan die werk om die krematorium “hopelik teen einde Junie” weer aan die gang te kry. “Ons neem kennis van die feit dat dit 'n baie sensitiewe diens is.
Ons vra om verskoning vir die ongerief wat deur die onbeplande en ongelukkige situasie veroorsaak is,” “Ons vra om verskoning vir die ongerief wat deur die onbeplande en ongelukkige situasie veroorsaak is,” het Amutenya gesê.
Volgens mnr. Eslon Namuandi, besturende direkteur van Avbob Namibia, is dit 'n “hele proses” om reëlings te tref en die nodige dokumentasie te kry om verassings in die buurland te laat doen.
Uitvoerpermitte moet gereël en verkry word, wat na Suid-Afrika gestuur word sodat invoerpermitte aan Namibië uitgereik kan word.
Dié proses kan volgens Namuandi tot twee weke duur.
“Verskeie dokumente moet verkry en voltooi word, dit is nie iets wat oornag gebeur nie. Dit is 'n hele logistieke proses. Vervoer- en verblyf moet ook gereël word vir personeel. Dit is 'n groot uitgawe,” het Namuandi gesê.
Hy het erken dit is duidelik “'n moeilike situasie” omdat families wat geliefdes verloor het, afsluiting wil kry.
“Dit veroorsaak ongerief, maar ons probeer sover moontlik mense akkommodeer en die proses so gou moontlik afhandel.”
Volgens Namuandi het die munisipaliteit gister laat weet verassings sou vandag weer by die krematorium in Windhoek begin.
In Maart vanjaar het die munisipaliteit beloof die nuwe krematorium sou teen die middel van Mei in werking wees. Sowat N$15 miljoen is vir die konstruksie van die nuwe verassingsoond begroot wat met 'n gerekenariseerde stelsel sal werk.
Die ou krematorium word die afgelope paar jaar met probleme geteister wat daartoe lei dat dit dikwels vir 'n maand en meer buite werking is en verassingsdienste in die land noodgedwonge tot stilstand kom. In Januarie kon slegs 11 liggame veras word voordat dit weer tot stilstand gekom het. Die ou krematorium is in 1974 opgerig. Gemiddeld 40 verassings per maand word hier gedoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie