Ronaldo bereik groot mylpaal teen Swede
Sokker
Die Portugese sokkerspeler Cristiano Ronaldo het hom by uitgelese geselskap aangesluit deur slegs die tweede manspeler te word om 100 doele in internasionale sokkerwedstryde aan te teken.
Ronaldo (35) het die prestasie Dinsdag behaal toe Portugal Swede met 2-0 in dié spanne se kragmeting in die Nasiesliga in Stockholm geklop het.
Die wenspan se kaptein het kort voor rustyd die eerste keer die agterkant van die net gevind om hom by Ali Daei in die eksklusiewe “Klub-100” aan te sluit. Daei het in sy speeldae 109 doele vir Iran aangeteken en sy rekord sal die volgende mylpaal in Ronaldo se visier wees.
Ronaldo het Swede se verdedigers sommer vroeg al besig gehou, maar die tuisspan se doelwagter, Robin Olsen, kon die aanslae afweer. Alles het egter verander toe Gustav Svensson sy tweede geelkaart ontvang het, ná ’n roekelose aanslag op Joao Moutinho kort voor rustyd.
Dit was tóé dat die Portugees sy eerste doel van die aand aangeteken het met ’n kenmerkende, krullende vryskop. Olsen het verbete probeer, maar kon nie die bal uit die doelhok hou nie.
Swede het daarna gesukkel om die besoekers hok te slaan, en toe Ronaldo in die 73ste minuut weer toeslaan vir sy tweede doel – hierdie keer uit gebroke spel, was die skrif vir die tuisspan aan die muur.
Portugal bevind hom ná twee seges boaan groep 3, met Frankryk in die tweede plek, gevolg deur Swede en Kroasië.
Die Franse en Portugese pak mekaar op 11 Oktober in Parys.
– Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie