Roof by kitsbanke, kluise: Bomme word u00e1l beter
Roof by kitsbanke, kluise: Bomme word u00e1l beter

Roof by kitsbanke, kluise: Bomme word ál beter

Cash Connect se kluise word ontwerp om tot drie keer meer plofstof te weerstaan as wat in kitsbank-roofaanvalle gebruik word.
William Horne



Gesofistikeerde bomme word al hoe doeltreffender gebruik om kleinhandelaars te beroof en veiligheidsmaatskappye verwag ’n toename van meer as 16% oor die Paastyd.

Pierre Liebenberg, hoofbestuurder van ontwikkeling en vervaardiging van Cash Connect, het Dinsdag op ’n mediakonferensie in Sandton, Johannesburg, die stand van diefstal en gewapende roofaanvalle in die kleinhandelsektor uiteengesit.

Cash Connect is een van Suid-Afrika se grootste geoutomatiseerde kontantbestuursdienste en kluisspesialiste.

Richard Phillips, mede- uitvoerende hoof en stigter van Cash Connect, het verwys na die polisie se 2018-misdaadsyfers, waarvolgens daar daagliks in die kommersiële sektor 195 gevalle van diefstal en 55 gevalle van gewapende roof was.

In 2018 was daar dus by sakeondernemings altesame:

· 71 195 gevalle van diefstal; en

· 20 047 gevalle van gewapende roof.

Phillips sê ten spyte van die beduidende toename in veral transitorooftogte aan die einde van 2017, het gewapende rooftogte eintlik afgeneem. In Februarie en Maart 2018 was die getal gewapende rooftogte 23% laer as in die ooreenstemmende maande van die vorige jaar. Diefstal in die kleinhandel was in dié tydperk ook 7% laer.

“Dit is nie rede om fees te vier nie,” sê Phillips. “Dit is steeds ongelooflik hoog.”

Volgens Phillips verbloem die jaarlikse data die werklike tendense.

As sakeondernemings hulle op een plek beter beveilig, skuif die misdaad net na ander teikens.

VAARDIGHEID VAN ROWERS

“Bomme van plastiese plofstof was in 2018 by 54% van die aanvalle op ons kliënte betrokke,” sê Phillips. “Ons is nie net bekommerd oor die gevorderdheid van die bomme self nie, maar ook oor die vaardigheid van die rowers wat dit benut.”

Cash Connect se kluise word ontwerp om tot drie keer meer plofstof te weerstaan as wat in kitsbank-roofaanvalle gebruik word, en bykans 90% van sulke aanvalle op hul kluise word afgeweer.

Maar met net 29% van alle kleinhandelaars wat sulke soort geoutomatiseerde kontantbestuurstelsels in Suid-Afrika benut, sê Phillips, verskuif misdaad net na die talle “sagter teikens” wat nog kontant met die hand bestuur.

Dr. Johan Burger, navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), het op die mediakonferensie verduidelik al wat tans gebeur, is dat misdaad van een soort teiken na ’n ander skuif.

“Die polisie is tans krisisgedrewe,” sê Burger. “Die probleem met dié benadering is die sporadiese aard daarvan, wat daartoe lei dat misdaadtendense styg of daal, maar in die algemeen bly misdaad onaanvaarbaar hoog.”

SINDIKATE

Hy sê niks sal verander voordat die sindikate, wat veral vir die meer gesofistikeerde roofaanvalle verantwoordelik is, vasgevat word nie.

Sodra die polisie tydelik reageer op een fokusgebied, pas die sindikate aan, sê hy.

Volgens Burger fokus die Valke se afdeling vir misdaadintelligensie tans op die meer politiek sensitiewe kwessies. “Misdaadintelligensie is die kollig wat die sindikaat-probleem moet uitwys, maar dié lig se batterye is tans pap. Die regering en die minister van polisie moet misdaadintelligensie herstel, anders sal daar nooit ’n algehele daling in die misdaadsyfers wees nie.”

Intussen moet kleinhandelaars voorsorg tref sodat hulle ten minste nie die teiken van gevorderde rooftogte word nie, sê Phillips.

Cash Connect se kliënte het die afgelope jaar met 33% toegeneem. Volgens Phillips is dit deels omdat die kostevoordeelberekening vir kleinhandelaars weens misdaad so verander het dat Cash Connect se gevorderde tegnologiese oplossings eintlik goedkoper is as die risiko en geleentheidskoste om nié so ’n stelsel te installeer nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!