Rooi lig vir nooddienste
Twee onlangse voorvalle op en naby Usakos wek groot kommer oor die bestuur van munisipale nooddienste.
Dit is nie die enigste plaaslike dienste wat dikwels in die spervuur is nie – ook nie net op Usakos nie, maar in hierdie geval is menselewens en eiendom op die spel.
In die geval van 'n huisbrand en motorongeluk was hulp uit die nabygeleë Karibib nodig. 'n Beseerde vrou was vir sowat twee uur in 'n wrak vasgekeer voordat sy bevry kon word.
Plaaslike owerhede trek dalk noustrop, maar indien besteding bestem vir hierdie noodsaaklike dienste vir ander doeleindes aangewend word en noodtoerusting selfs gesteel word, moet dit aan die kaak gestel word. Drastiese stappe moet volg.
Inwoners en besoekers aan die land mag nie in hul grootste nood, trauma en pyn in die steek gelaat word nie. In die sogenaamde “goue uur” is bystand kritiek en die uitgestrekte aard van die land mag nie sonder meer as verskoning voorgehou word nie.
Geld is bestee om elke dorp van 'n nuwe brandweerwa te voorsien, maar in talle gerapporteerde gevalle bly flinke vuurbestryding in die slag en die voertuie word glo selfs vir ander sendings ingespan.
Vernaam die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) het die afgelope jare ook groot beleggings in die opleiding van paramedici gemaak. Sonder die nodige bystandsdienste is hul hande egter afgekap.
'n Landswye ondersoek na die stand van munisipale nooddienste kan gebreke identifiseer en paraatheid en bystand verbeter.
So sê ander
22 April 2018
Facebook is actually stalking everyone
Facebook is stalking you, even if you're not signed up — and it really, really doesn't want to stop.
That proof is Facebook's quiet word that it will shift its terms of service to move all non-European users into the jurisdiction of its US headquarters. The change means the EU rules, which kick in May 25, won't protect users on five continents.
It's nearly impossible to figure out how to turn off any of its data-collection features — and actually impossible to turn off some. Then again, Zuckerberg admitted that his company tracks countless non-members across the 'Net.
It's all about driving up the company's advertising revenues — its true Holy Grail. At some point, this hunger for advertising cash is going to produce a “global community” that works for . . . no one.
• NEW YORK POST

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie