Rooi ligte flikker oor woestynleeu se vrekte
Rooi ligte flikker oor woestynleeu se vrekte

Rooi ligte flikker oor woestynleeu se vrekte

Anneli Erasmus
Des Erasmus - Gevaarligte flikker oor die moontlikheid van ’n hoogs aansteeklike siekte wat die dood van ’n woestynleeu kon veroorsaak.

‘n Veearts van die ministerie van landbou, water en bosbou se direktoraat veeartsenydienste stel tans ondersoek in na die vrekte van XPL 98, die woestynleeu wie se karkas by die Tweede Moeras in die Ugabriviervallei aangetref is.

‘n Nomadiese veeboerdery in dié gebied is feitlik uitgewis in die voortslepende droogte. ’n Klein hoeveelheid wild dien as voedselbron vir die geskatte ses tot tien woenstynleeus wat nog in die gebied voorkom.

Bloed wat aan XPL 98 se bek en snoet gevind is, is simptomaties van ’n hoogs aansteeklike siekte.

Dr. Sven-Michael Corbs, ’n Duitse toeris, het ’n week gelede op die leeukarkas afgekom en die koördinate waar hy lê, verstrek. ‘n Herbergier en toerleier van Uis, mnr. Basil Calitz, het hierna op versoek ondersoek gaan instel. Calitz het die bloed aan die karkas se bek en snoet bevestig en as voorsorgmaatreël nie verder gepeuter nie.

XPL 98 het ‘n nekband wat sorg dat waarnemings deur dr. Flip Stander, van die woestynleeubewaringsprojek, gemaak kan word. Stander was die naweek ook op die toneel.

Calitz het gisteroggend op Uis die plek waar die leeu se karkas lê aan die direktoraat veeartsenykunde se veearts gaan uitwys. Monsters sou vir ontleding geneem word sodat die presiese oorsaak van die vyfjarige XPL 98 se vrekte bepaal kan word. So kan die moontlike verspreiding van ’n aansteeklike siekte voorkom word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!