Rooies Mostert in boeie
Rooies Mostert in boeie

Rooies Mostert in boeie

Augetto Graig
Die bekende oudlanddros en voormalige Namibiese rugbyspeler, mnr. Walter (Rooies) Mostert, is vanoggend omstreeks 10:00 op Tses in hegtenis geneem.
Hy was volgens beskikbare inligting onderweg na Gobabis.
Mostert word as voortvlugtend beskou en was die afgelope sowat drie jaar in Suid-Afrika, maar het by herhaling aan Republikein gesê hy sal na Namibië terugkeer om sy onskuld te bewys. Namibië het vir sy uitlewering deur Suid-Afrika gevra.
Mostert staar klagte van bedrog, diefstal, korrupsie, afpersing, regsverydeling en die oortreding van immagrasiewetgewing in die gesig.
Van die klagte behels ‘n eiendomstransaksie waarin hy glo iemand om die bos gelei het, asook die vervalsing van immigrasie-dokumente.
Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) was op Mostert se spoor en het ook die hulp van Interpol gevra om hom vas te trek.
Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het die arrestasie bevestig, maar kon nie meer besonderhede verstrek nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!