Rooilyndebat: Werkbare opsies teen ’n prys
Die Vleisraad bied werkbare oplossings vir die rooilyndebat – volgens riglyne deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid.
Elvira Hattingh – ’n Kommoditeitsgebaseerde benadering tot beesvleisuitvoere uit die noordelike kommunale gebiede (NCA’s) kan dié boere toegang tot winsgewende internasionale markte bied.
Terselfdertyd behoort daar gewerk te word aan ‘n oplossing vir die lang termyn, naamlik om sones in die noordelike kommunale gebiede te skep wat vry van bek-en-klouseer is.
Só, meen die Vleisraad van Namibië, kan beesprodusente in die land se bek-en-klouseer beskermingsone ook toegang tot winsgewende internasionale markte kry.
Die Vleisraad sê dit het talle markgeleenthede oorweeg, insluitend hoe die gebied se dieregesondheidstatus verbeter kan word asook hoe marktoegang nou reeds verkry kan word – ongeag die gebied se huidige dieregesondheidstatus.
Kwessies soos haalbaarheid, praktiese uitvoerbaarheid, koste, maatskaplike impak asook internasionale erkenning het ‘n rol in hul besluitnemingsproses gespeel.
“Deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) se riglyne te volg vir die toepassing van kommoditeitsgebaseerde handel en die skep van siektevrye sones, sal dit makliker wees om internasionale aanvaarding en erkenning te kry en marktoegang te bewerkstellig,” meen die Vleisraad.
OPSIES
Volgens die Vleisraad is die enigste opsies die bou van ‘n grens tussen Namibië en Angola, die toespan van laerisikogebiede binne die NCA om bek-en-klouseer vrye sones te skep, die skep van kompartemente wat vry van bek-en-klouseer is, asook kommoditeitsgebaseerde handel.
“‘n Kommoditeitsgebaseerde benadering werk op die veilige produksie van vleis in gebiede waar daar wel bek-en-klouseer voorkom. Dit kan dus binne die beskermingsone toegepas word, ongeag die huidige dieregesondheidstatus,” het die Vleisraad in hul jongste nuusbrief verduidelik.
Dit is een van die goedkoper opsies, teen ‘n aanvangskoste van sowat N$4,8 miljoen, maar met ‘n jaarlikse koste van N$30,5 miljoen.
Dit sal egter intensiewe betrokkenheid van veeartsenykundiges behels, asook gereelde en duur inentings teen bek-en-klouseer.
Die Vleisraad meen hierdie kan ‘n korttermynoplossing wees, terwyl gebiede toegespan moet word wat ‘n lae risiko vir bek-en-klouseer inhou. Sodoende moet sones eindelik geskep word wat vry van die siekte is.
Dit sal egter ‘n aanvangskoste van sowat N$616,8 miljoen hê, met ‘n jaarlikse koste van N$22,9 miljoen. Dit sal ook behels dat ‘n aansoek vir die sones by die OIE ingedien sal moet word om die sones vry van onder meer bek-en-klouseer te verklaar.
Daar sal ook bykomende kostes wees, soos talle padblokkades vir dieregesondheid, terwyl minder produsente hieruit sal baat as wanneer ‘n grensheining tussen Namibië en Angola opgerig kan word en die hele gebied eindelik vry van bek-en-klouseer verklaar kan word.
GRENS
Die Vleisraad sê die bou van ‘n grensdraad tussen Namibië en Angola sal bek-en-klouseer die vinnigste hokslaan, maar dit sal beteken die massabeweging van Namibiese beeste, wat in Angola gaan wei, tot ‘n einde gebring moet word.
Die Vleisraad sê buiten dat dit aanvanklik sowat N$615,3 miljoen kan kos, behalwe vir ‘n jaarlikse koste van N$26,5 miljoen, is daar ook praktiese probleme hiermee. Dit sluit in dat veeboere voortaan ‘n tekort aan grond, water en weiding sal ervaar, terwyl daar sosio-kulturele verbintenisse met mense anderkant die grens is.
Die bou van bek-en-klouseer-vrye kompartemente, wat onderling verwante instellings sal behels wat onder ‘n gemeenskaplike biosekuriteitsbestuurstelsel staan, kan aanvanklik sowat N$415 kos, met ‘n jaarlikse koste van N$4,9 miljoen.
In dié geval word OIE-goedkeuring nie gekry nie, maar slegs bilaterale erkenning, wat nie oraloor wyd aanvaar word nie.
KOMMER
Die Vleisraad het met dié voorstelle vorendag gekom nadat daar opnuut oor die veterinêre kordonheining (VCF) in die noorde van Namibië gedebatteer is, veral sedert die Windhoekse burgemeester, dr. Job Amupanda, ‘n aansoek by die hoërhof om die verwydering daarvan ingedien het.
Belanghebbendes in die vleisbedryf het so ver as in Suid-Afrika hul kommer hieroor uitgespreek, met kenners wat sê die summiere verwydering daarvan sal rampspoedige gevolge vir Namibië inhou. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie