Rooitapyt vir die leiers
Anja Steenkamp van Elnatan Privaatskool - Die NAPSO-Privaatskolenaweek het 15 skole in afwagting gelaat vir die grootste sportnaweek van die jaar. Voordat die massas op Windhoek Afrikaanse Privaatskool sou toesak, het die hoofleerlingraadslede dit goed gevind om bymekaar te kom. Hierdie rooitapyt-dinee is eksklusief vir die hoofleiers van elke skool gehou.
Om half vyf het die lede by die hoof-rugbyveld, Affiespark, bymekaargekom. Na ’n vinnige voorstelling het juf. Christine Oosthuyzen van WAP alle optog-reëlings deurgegee. Die realiteit van die laaste Privaatskole-naweek by die meeste leerlingraadslede ingeskop: baie matrikulante is al vanaf 2006 betrokke by dié byeenkoms. So het die eerste ure van hul laaste byeenkoms begin.
Met ’n hartlike verwelkoming deur WAP se leerlingraadslede, is die hoofleiers na die dinee by Affiespark se lapa geneem. Gedurende die opening het hoofleiers Benna van der Walt en Anri Jurgens hul empatie gedeel teenoor die uitdagende taak om altyd perfek te wees as verteenwoordiger van die verskeie skole.
Perfek is steeds egter die woord om te gebruik wanneer hiérdie gesig van hoofleiers die lapa gevul het. ’n Vinger-happie ete het gevolg waartydens al die leiers kans gekry het om te sosialiseer. Interessanthede het die verskeie tale – Afrikaans, Engels en Duits – ingesluit en asook die geval dat daar nie net een of twee nie, maar vier Anja’s teenwoordig was onder die leiers.
Agter die skerms is ook ’n verhaal op sy eie. Juffrou Ariska van Vuuren en haar span beplan alreeds vir twee maande aan dié geleentheid. Sy erken dat die grootste struikelblok nie die beplanning was nie, maar eerder om kontak te maak met al die hoofleiers van die verskeie skole. Die struikelblokke was volgens Van Vuuren iets van die verlede te danke aan haar leerlingraad. Sy beskryf hul as hardwerkend en eenvoudig “masjiene”.
Die hoofseun van Windhoek Afrikaans Privaatskool (WAP), Benna van der Walt, getuig dat moeilikhede oorkom kon word deur hul skool se spanwerk. Hy gee ook so die eer van ’n suksesvolle byeenkoms aan WAP se samewerking, “as een span”.
Die toekoms is steeds helder. Lauri-Anne Potgieter, die hoofprefek van Edugate, stel ons gerus dat die 2018 NAPSO-Privaatskole-byeenkoms net so gulde geleentheid gaan wees. Edugate is alreeds besig met advertering en beplanning. Hul grootste hekkie is waarksynlik om al die voete te akkommodeer. Die ironie is dat Edugate se getalle een van hul sterk kenmerke is. Met min getalle staan Edugate nie terug vir groot skole nie, hul vat hul kop-aan-kop aan en oorwin in baie gevalle ook. Ons stel almal gerus: lank leef NAPSO-Privaatskolenaweek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie