Rook in kajuit net vu00f3u00f3r vliegtuig val
Rook in kajuit net vu00f3u00f3r vliegtuig val

Rook in kajuit net vóór vliegtuig val

Ronelle Rademeyer
Kort voordat EgyptAir se Airbus A320-232 in die Middellandse See neergestort het, het dit radioseine gestuur dat daar rook in die vliegtuig is.
Vlug MS804 het verlede Woensdagaand van Parys na Kaïro vertrek en omstreeks 02:00 Donderdag (Suid-Afrikaanse tyd) het dit van die radarskerms verdwyn.
Wrakstukke is sedert Vrydag in die see noord van die Egiptiese stad Alexandrië deur die Griekse vloot en Egiptiese weermag gevind.
Daar was 66 mense aan boord.
Foto’s van wrakstukke op Facebook het Saterdag tot bespiegeling gelei dat ’n bom aan boord ontplof het, maar Franse ondersoekers het volgehou dit is te vroeg om die ramp se oorsaak te bepaal.
Egiptiese owerhede vermoed terreur.
Die enigste deurbraak wat die naweek met die ondersoek gemaak is, was data van die vliegtuig se aanboordrekenaar (die Acars-stelsel) wat op rook dui.
Die Aviation Herald het dié boodskappe gepubliseer wat van drie onafhanklike bronne ontvang is. Dit wys ’n alarm aan die straler se vensters is iewers ná middernag geaktiveer, toe rook in een van die toilette geregistreer is. Dit is gevolg deur probleme met die vliegtuig se beheerstelsels wat reg onder die stuurkajuit geleë is.
Volgens kenners kan ’n brand ontstaan weens kondensasie ná ’n skielike verandering in die lugdruk in die kajuit, soos die geval sal wees met ’n ontploffing.
Tydens hul laaste gesprek met Griekse lugverkeerbeheerders het die vlieëniers gesê hulle is in ’n goeie bui en daar is niks fout met die vliegtuig nie. Sowat 40 sekondes nadat die straler die Egiptiese lugruim uit Griekeland binnegegaan het, is kontak met die stuurkajuit verloor.
Griekse owerhede het intussen bevestig die vliegtuig het ’n paar keer gekantel voor hy neergestort het – eers was daar ’n skerp draai van 90º na links, toe val die vliegtuig van 37 000 voet (11 277 m) tot 15 000 voet (4 572 m) en daarna het die Airbus 360º in die rondte gedraai.
Hoewel ’n Europese satelliet ’n oliestreep op die see opgemerk het naby aan die plek waar die vliegtuig sy laaste radarkontak gemaak het, was die grootste deel van die wrak en bagasie, asook die vlugdataopnemer, teen Saterdagaand nog soek.
Toe ’n Russiese passasierstraler vol toeriste in November bo Egipte se Sinai-skiereiland ontplof het, het die terreurgroep ISIS vinnig erken day hulle vir die aanval verantwoordelik was.
– Netwerk24/BBC/The Guar­dian/The Telegraph/The Independent

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!