Room van 2018 se prestasies afgeskep
Room van 2018 se prestasies afgeskep

Room van 2018 se prestasies afgeskep

Geskiedenis sal vanjaar by die spoggeleentheid op Swakopmund gemaak word.
NAMPA
Die eerbetoon aan die lande se voorste presteerders op die sportvelde en -bane van 2018 sal vanjaar vir die eerste keer by The Dome op Swakopmund, eerder as in Windhoek aangebied word.

Die kusdorp sal op 27 Oktober die 15de weergawe van die MTC Namibiese Sporttoekennings in samewerking met die Namibiese Sportkommissie aanbied.

By die Kommissie se nuuskonferensie gister om die toekenningseremonie bekend te stel, is ook aangekondig dat benoemings in al die kategorieë vir die eerste keer uitsluitlik aanlyn gedoen sal word.

'n Spesiale webblad (http://namsportsawards.org) is reeds vir dié doel geskep. Beheerliggame kan reeds hul individue en spanne wat sedert 1 November 2017 presteer het, vir toekennings in die verskillende kategorieë benoem.

Die sperdatum vir nominasies is Saterdag 8 September.

Die minister van sport, jeug en nasionale diens, mnr. Erastus Uutoni, het gesê hy is bly om te sien dat die toekenningsaand vir die eerste keer buite die hoofstad aangebied word.

Volgens hom dui dit aan dat Namibië gereed is om volgende jaar gasheer vir die Afrika-unie Streek 5 jaarlikse sporttoekennings (RASA) te wees.

“Namibië het nog 'n gedenkwaardige sportjaar beleef, wat medaljes by die Statebondspele ingesluit het. Ek moedig ons sportmense aan om voort te gaan en hierdie golf op die hoogste moontlike vlak te ry.”

Mnr. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Sportkommissie, het gesê 'n begrote N$2.5 miljoen is nodig om vanjaar se byeenkoms aan te bied.

“Vanuit die korporatiewe wêreld sal ons N$1.1 miljoen moet bymekaar kry, terwyl die res van die geld van die Sportkommissie, oftewel die regering afkomstig is,” het hy gesê.

MTC sal voortgaan as die titelborg van die toekenningsaand. Ander prominente borge is Standard Bank Namibia, PricewaterhouseCoopers en NamPower.



DIE KATEGORIEË SLUIT IN:

MTC Sportster van die jaar

MTC Sportman van die jaar

MTC Sportvrou van die jaar

NamPower Sportman van die jaar met 'n gestremdheid

NamPower Sportvroue van die jaar met 'n gestremdheid

MTC Junior Sportman van die jaar

MTC Junior Sportvrou van die jaar

NamPower Junior Sportman van die jaar met 'n gestremdheid

NamPower Junior Sportvrou van die jaar met 'n gestremdheid

Tafel Lager Sportspan van die jaar

Afrigter van die jaar

Skeidsregter van die jaar

The Namibian sportjoernalis van die jaar

Ontwikkelingsprogram van die jaar.

– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!