Roomhorinkies met sjokolade
Roomhorinkies met sjokolade

Roomhorinkies met sjokolade

Sanet Pearson
Bestanddele:

· 2 pakke skilferkorsdeeg

· Bietjie botter om horinkies te smeer

· 1 eier, geklits

· Gesmelte sjokolade

· 250 ml vars room,

· 1 t vanieljegeursel en 1 e versiersuiker geklop tot stywe punte vorm

· Gekapte geglaseerde kersies

· Ekstra versiersuiker

Metode:

1. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en sny in repe van 1 cm breed.

2. Verf elke reep met geklitste eier en draai om metaalhorinkies. Vir kleiner horinkies kan dunner repe gesny word.

3. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en verf weer met eier.

4. Bak in ’n voorverhitte oond teen 200°C vir 15-20 minute.

5. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel.

6. Verwyder die metaalhorinkies versigtig.

7. Smeer sjokolade om die rande en laat stol.

8. Spuit die roommengsel in die horinkies en rond af met kersies en versiersuiker.

Jy kan dit ook ’n soutvulsel gee van roomkaas, salm en dille. - Sydow Noordien en Fatima Sydow/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!