Roots lui nuwe era vir landbou in
Die Roots-ontwikkeling by Stampriet is geskoei op 'n nuwe konsep van gemeenskapsboerdery om voedselsekuriteit te verbeter en Namibië uiteindelik 'n voedseluitvoerland te maak.
Ronelle Rademeyer - Die stigter van Roots by Stampriet se visie is om ’n nuwe geslag landbou-entrepreneurs in Namibië op te lei, en ’n nuwe era vir voedselproduksie, waardetoevoeging en selfvoorsiening te skep.
Dié heel eerste landboudorp in die land is die breinkind van Johan Rieckert en het in 2017 gestalte gekry.
Op die webblad word dit só beskryf: “Die Roots-ontwikkeling bied ’n gemeenskapsgegronde leefstyl met ’n volhoubare toekoms. Hierdie landboudorp (agri-village) is geskoei op ’n unieke model wat die intensiewe boerdery van vee en permanente gewasse kombineer met ’n landboukollege vir voedselsekuriteit, ’n aftreeoord, leefstyldorp en verskillende sakegeleenthede.
“Die Roots-ontwikkeling is gegrond op die nuwe konsep van landboudorpe wat eers ’n mini-ekonomie in dié dorp skep, en dan eksponensieel groei totdat dit later produkte na die internasionale mark uitvoer.”
Rieckert het sowat 15 jaar gelede saam met sy vrou, Collette, die skool Windhoek Gimnasium begin.
“So sewe of agt jaar gelede het ons begin kyk na verskillende ander ontwikkelings. Ons het navorsing gedoen om vas te stel hoe ander lande ekonomiese groei en voedselsekuriteit bewerkstellig. Lande soos Singapoer, Mexiko en Suid-Korea het voedselsekuriteit geskep deur landbou- en ander vaardighede uit te bou en produksie te verhoog tot hulle uiteindelik voedsel kon uitvoer.
“Ons het toe gevra wat kan ons doen om dit wat ander lande doen, ook in ons eie land te vestig,” vertel hy.
Hy sê dit is hoe dié heel eerste landboudorp sy beslag gekry het. Rieckert het deur die dorpstigtingsproses gegaan en ’n plaas van sowat 3 000 ha aangrensend aan Stampriet, in eenhede opgedeel. Sowat 1 000 ha daarvan is as plaas behou met die doel om ’n lodge op te rig en met wild te boer.
Hy sê die konsep steun op twee komponente: ’n Kommersiële boerdery waarin daar op intensiewe skaal met skape geboer en verskillende hoëwaarde- en kontantgewasse verbou word, asook ’n landboudorp waar kleinboere opgelei en met boerderyvaardighede bemagtig word.
Rieckert sê die landboudorp bestaan uit klein boerdery-eenhede waar ’n eenslaapkamerhuis vir die koper opgerig word, asook ’n braaikuikenhok, kweekhuis, watertenk en sonkragstelsel.
LANDBOU-OPLEIDING
“Ons het ’n lisensiëringsooreenkoms met die Universiteit Stellenbosch aangegaan om ’n satellietkampus by Roots te vestig waar studente opleiding in al die dissiplines van boerdery sal kry. . . Van lewendehawe, tuinboukunde, pluimvee, akwakultuur en ander,” sê hy.
Die skool by Roots het reeds aan die begin van die jaar sy deure geopen, en ‘n aftreeoord word sal ook later ontwikkel word.
Die idee is dat ouers wat hulle kinders ná skool na die kollege stuur, in so ’n klein boerdery-eenheid belê waar die student kan woon en boer terwyl hulle in landbou opgelei word.
Volgens Rieckert is boerdery deesdae veel meer as die tradisionele, ekstensiewe boerdery wat vir so lank reeds in Namibië beoefen word. “Dit het ’n wetenskap geword. Om produksie te verhoog, moet intensief geboer word en moet presisieboerdery beoefen word.”
Die Roots-ontwikkeling wil verder nie net op primêre landbou fokus nie, maar wil ook die sekondêre component darvan vestig deur waarde toe te voeg tot die produkte wat verbou word.
“Ons wil nie net vir die vars groente en vrugte in die winkels sorg nie, maar ook vir die blikkies en die botteltjies. Ons wil produkte inlê, droog, souse maak en dit versap.”
Hy sê Namibië voer tans tussen 82 en 85 persent van alle voedsel in. “Al die toegevoegde waarde word ingevoer. Ons uitdaging in Namibië is om die botteltjies en die blikkies op die rakke te vul met produkte wat plaaslike verwerk is.”
GROTER VISIE
Die Roots-span het ondersoek ingestel na waar die behoefte die grootste is en ’n produktelys saamgestel van dít wat die meeste ingevoer word.
Een van dié produkte is appels. Namibië voer jaarliks sowat 8 000 ton appels in. Dit is 33 lorrievragte van omtrent 20 ton elk per maand.
Saam met die appels, het hulle ook reeds met die verbouing van bloubessies en pekanneute begin.
Daar is ook wingerde gevestig om druiwe vir die maak van rosyne te oes, terwyl die hoender- en kwartelboerdery reeds ’n aansienlike hoeveelheid eiers lewer. Grootskaalse braaikuiken-produksie word ook in die vooruitsig gestel.
Aan die lewendehawekant word reeds op ’n intensiewe wyse met Konsortium-Merinos geboer – ’n ras wat wol én vleis lewer.
Rieckert sê die idee is dat die sentrale, kommersiële boerdery die infrastruktuur vir verwerking, bemarking en logistiek vestig, en dié dienste aan die kleinboere in die landboudorp beskikbaar stel.
“Ons kan ook mense wat eenhede in die landboudorp gekoop het, se boerdery namens hulle behartig,” sê Rieckert.
Roots se visie strek egter veel verder as Stampriet. Die plan is om dié konsep na die ander streke in die land uit te brei. “Al die opleiding en navorsing sal by Stampriet gedoen word, maar in die streke sal ons landboudorpe vestig waar die boerderye in pas is met die klimaat, die beskikbaarheid van water en die grondtoestande.”
Rieckert sê wanneer die vierde landboudorp in die land in vol produksie is, behoort Namibië selfvoorsienend te wees. “Alles wat ons daarna produseer, kan uitgevoer word om vir ons buitelandse valuta te verdien.”
KOMMODITEITE
Roots se boerderye word deur verskillende landboukundiges bestuur wat elk vir die produksie of verbouing van een of meer kommoditeite verantwoordelik is.
Theo Schutte staan aan die stuur van die bloubessieprojek, pekanneutboord, asook die kwartel- en hoenderboerderye.
Hy sê in 2017 is pekanneute op 40 ha gevestig – 12 m by 12 m uit mekaar. Die plantestand is intussen aangevul en die digtheid is nou 12 m by 6 m. Dié bome sal teen jaar sewe in produksie wees, en kan vir die volgende eeu of langer vrugte dra. Die huidige produsenteprys vir dié hoëwaardeproduk beloop tussen N$80 en N$105 per kilogram, sê hy.
Tussen die bome is dekgewasse geplant waar die vrylopende hoenders bedags skrop en kos soek. Die bevrugte eiers word daagliks verwyder en in ’n broeikas geplaas. Wanneer die eiers uitbroei word die dagoudkuikens oorgeplaas in hokke tot hulle drie weke oud is. Daarna loop hulle bedags vry tot hulle gereed is om te slag. Buiten eierproduksie, word grootskaalse braaikuikenproduksie ook in die vooruitsig gestel. Die braaikuikenaanleg, wat pas opgerig is, sal uiteindelik 4 000 braaikuikens per dag vir die Namibiese mark kan slag.
Schutte sê die hoenderboerdery bestaan tans uit sowat 4 000 Leghorns, terwyl hy ook omsien na die kwartelboerdery waar met net soveel voëls geboer word.
Die produkte afkomstig van die kwartelboerdery is vars eiers, bevrugte eiers en gepiekelde, ingelegde eiers, terwyl die kwartelsook lewend sowel as geslag en ontbeen verkoop word.
Die ander hoëwaardeproduk onder Schutte se bestuur is die bloubessies. Dusver is drie tipes op 3,5 ha gevestig. Tans word die vruggies nog afgespeen sodat die plant se energie nie daarin verlore gaan nie. Hy sê die bloubessies sal eers oor twee jaar in vol produksie wees.
APPEL-OES
Vanjaar se heel eerste appel-oes van 25 ton was ’n geskiedkundige eerste vir Namibië, en ’n heuglike gebeurtenis vir Chris Huisamen wat dié boord bestuur. Hy sê op Roots is vier kultivars in die Afri-reeks gevestig: Blush, Rose Glow, Sunrise en Star.
’n Sitrusboord is ook reeds gevestig en wingerde is aangelê waarvan die druiwe vir die maak van rosyntjies gebruik word. Die plan is om ook tafeldruiwe te verbou.
’n Groot verskeidenheid groente word as kontantgewasse gekweek, terwyl appelliefies en aspersies ook verbou word,
Rita Blaauw, wat ook die wolklassering op die plaas behartig, sê aspersies is ’n meerjarige plant met ’n reguit, eetbare stam. Die plant het klein takkies met nog kleiner blommetjies wat uiteindelik die rooi bessies word wat die swart aspersiesaad dra.
Haar man, Piet, bestuur die intensiewe skaapboerdery. Hy sê daar is op Konsortium-Merinos besluit omdat dié skape vleis en wol lewer. “Verder is die meerlingsyfer baie hoog en het ons ’n lampersentasie van 170%, en ’n speenpersentasie van 160-165%. Onder ekstensiewe toestande is die speenpersentasie natuurlik baie laer vanweë verliese weens ongediertes,” sê hy.
’n Varkboerdery gaan in die toekoms gevestig word, terwyl Rieckert en sy span ook krokodille en babers wil teel, houtskool produseer en blomme verbou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie