Rosberg vier sy wêreldtitel
Motorsport
Die strydbyl is Sondag in Abu Dhabi tydelik deur Lewis Hamilton en Nico Rosberg, die twee Mercedes-jaers, gebêre, maar die stof het nog lank nie gaan lê nie.
Dié Formule Een Grand Prix is deur Lewis Hamilton gewen, maar Rosberg, wat tweede geëindig het, is as vanjaar se wêreldkampioen gekroon.
“Ongelooflik. Ek is baie, baie trots. Ek het dieselfde prestasie as my pa, Keke, behaal wat oor ''n halfuur hier sal wees,” het Rosberg op die podium gejubel.
“Geluk, Nico, jy het baie goed gejaag. Om eerlik te wees, ek voel baie goed. “Ek glo dis my 32ste sege sedert ek by die span aangesluit het. En baie geluk aan Nico. Dis sy eerste wêreldtitel,” het Hamilton gesê.
Hamilton het in ''n tyd van 1:38:04.013 geseëvier. Rosberg was tweede, gevolg deur Sebastian Vettel (Ferrari), Jos Verstappen (Red Bull), Daniel Ricciardo (ook Red Bull) en Kimi Raikkönen (Ferrrari). - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie