Rose Matyayi laat ses rekords spat
Rose Matyayi laat ses rekords spat

Rose Matyayi laat ses rekords spat

Swem
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Altesame 42 individuele rekords is die afgelope naweek by die Namibiese nasionale kortbadkampioenskap in Swakopmund verbeter.

Die klubs wie se swemmers die water in die 25 meter-bad laat spat het, was Aqua Swimming & Fitness-klub met 38 swemmers, Dolphins Swimming (86), Flippers Swimming School (20), Marlins Aquatic-klub (8), Oranjemund Sand Sharks (13), Phoenix-swemakademie (1) en die Swakopmund-swemklub (9).

Die oudste rekord wat gespat het, is reeds tien jaar gelede deur Quinton Delie in die 200 meter vlinderslag vir seuns 17-18 jaar opgestel (7 Augustus 2009). Dit is uiteindelik die afgelope naweek by die Cube-swembad op die kusdorp deur Corné le Roux (Dolphins) vanaf 2 minute 11.20 sekondes tot 2:10.10 verbeter.

Die tweede oudste rekords van nege jaar elk wat getuimel het, is onderskeidelik deur Delie en Jessica Hoeksema aangeteken. Delie het in Desember 2010 by die 10de FINA wêreldkampioenskap ’n rekord van 57.48 sekondes in die 100 vlinderslag vir seuns 17-18 jaar opgestel – totdat Ronan Wantenaar van Marlins dit tot 56.41 verbeter het.

Hoeksema se tyd van 43.97 sekondes in die 50 vlinderslag vir meisies agt jaar en jonger (Julie 2010) was nie bestand teen die naweek se junior victrix ludorum, Rose Matyayi van Aqua-swemklub in Windhoek, wat meer as vier sekondes gesnoei het om in 39.60 die kampioenskapstitel te buit.

Matyayi was briljant en het ses Namibiese ouderdomsrekords verbeter. Heleni Stergiadis is die enigste ander meisie wat twee rekords kon behaal, terwyl Ryan Steyn van Dolphins drie en Nathan Bock van Oranjemund Sand Sharks vier behaal.

José Canjulo, Namibië se dubbele gouemedaljewenner (agt medaljes in totaal) by die langbad Afrika-kampioenskap in Marokko, skryf sewe nuwe titels en rekords agter sy naam. Mikah Burger en Ronan Wantenaar is met ses elk ’n kortkop agter hom, terwyl Corné le Roux, Philip Seidler (twee elk) asook Dentie Louw (25 jaar en ouer, vier rekords) hul stempel afdruk.

Heleni Stergiadis (200 vlinderslag) en Wantenaar (100 rug- en vlinderslag asook 100 individuele wisselslag) teken met hul besonderse prestasies Namibiese ope rekords aan.

LUDORUMS

By die junior mans het Mikah Burger (Dolphins) met 310 punte die junior victor ludorum opgeraap. José Canjulo (Marlins) met 252 was tweede en Nathan Bock van Oranjemund (233) derde.

Rose Matyayi van Aqua-swemklub raap met 291 die victrix ludorum op, gevolg deur die Dolphins-duo Ariana Naukosho (144) en Trisha Mutumbulua (142).

Die senior victor ludorum gaan aan Ronan Wantenaar (Marlins, 4 021 FINA-punte), voor sy klubmaat José Canjulo (3 507) en Phillip Seidler van Dolphins (3 436).

Heleni Stergiadis oorheers by die vroue met 3 755 teenoor Viktoria Ellmies (3 383) en Joanne Liebenberg (3 289), al drie van Dolphin.

Die individuele vertonings wat die Namibiese rekordboek gehaal het:

MEISIES (8 JAAR EN JONGER)

Rose Matyayi (Aqua-swemklub) 50 vryslag (36.89 sekondes); 50 rugslag (41.20); 50 borsslag (47.53); 50 vlinderslag (39.60); 100 individuele wisselslag (1 minuut 26.67 sekondes); 200 individuele wisselslag (3:17.57).

MEISIES (15-16 JAAR)

Heleni Stergiadis (Dolphin) 200 vlinderslag (2:21.85) – ook ’n Namibiese ope rekord.

SEUNS (8 JAAR EN JONGER)

Ryan Steyn (Dolphin) 50 rugslag (40.19); 50 vlinderslag (40.79); 100 individuele wisselslag (1:32.04).

SEUNS (9-10 JAAR)

Nathan Bock (Oranjemund Sand Sharks) 50 vryslag (31.22); 50 borsslag (39.59); 50 vlinderslag (32.80); 100 vryslag (1:07.85).

SEUNS (13-14 JAAR)

José Canjulo (Marlins) 50 vryslag (24.95); 50 rugslag (27.46); 50 vlinderslag (26.49); 100 vryslag (54.36); 100 rugslag (59.83); 100 borsslag (1:06.05); 100 individuele wisselslag (1:00.64).

Mikah Burger (Dolphin) 200 rugslag (2:10.15); 200 borsslag (2:32.12); 200 vlinderslag (2:13.54); 200 individuele wisselslag (2:13.46); 400 vryslag (4:24.68); 400 individuele wisselslag (4:45.79).

SEUNS (17-18 JAAR)

Ronan Wantenaar (Marlins) 100 rugslag (57.10); 100 vlinderslag (56.41); 100 individuele wisselslag (57.24). Al drie is nie net ouderdomsrekord nie, maar ook Namibiese ope rekords.

Corné le Roux (Dolphin): 200 vlinderslag (2:10.10); 800 vryslag (9:12.32).

MANS (25 JAAR EN OUER)

Dentie Louw (Swakopmund-klub) 50 vryslag (28.43); 100 vryslag (1:05.12); 100 rugslag (1:15.22); 200 vryslag (2:28.66).

Phillip Seidler (Dolphin) 400 vryslag (3:57.94); 1 500 vryslag (15:35.99).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!