Rosewood-span vat Desert Dash
Fietsry
’n Span ervare fietsryers – Allan Vivier, Ian Grassow, Sarel Boshoff en Des Döman – het ingeskryf om ten bate van Rosewood Academy die Nedbank Desert Dash bergfietsresies te takel.
Rosewood Academy is ’n kleinerige private opleidingsinstansie in Windhoek, met nagenoeg 165 ingeskrewe leerders, en bekend vir sy inklusiewe filosofie rakende opleiding.
Die akademie hoop om deur die Nedbank Desert Dash geld in te samel vir van sy leerders wat op finansiële steun aangewese is.
Rosewood Academy se bemarkingskoördineerder, Abassier Leukes, sê:
“Die Desert Dash is ’n suiwer Namibiese geleentheid en die uiterste uitdaging om die Namibwoestyn op ’n fiets te deurkruis.”
Volgens Leukes is hulle op soek na weldoeners wat die Rosewood-span met N$12 per kilometer sal borg. Die totale afstand is 393 km – wat beteken dat indien die Rosewood-span die afstand voltooi, só ’n borgskap rofweg een leerder se skoolfonds sal betaal (N$4 716). “Hoewel dit ons teikenbedrag per borg is, word enige skenking (finansieel of andersins), hoogs waardeer,” sê Leukes.
Die vier fietsryers het almal ervaring van wat vir hulle voorlê en voel hulle is goed voorberei en sien uit na die Dash.
Des Döman het in 2014 begin fietsry en het in dieselfde jaar sy eerste Desert Dash getakel. Sedertdien het hy podiumposisies as lid van twee- en viermanspanne behaal. Vanjaar se Desert Dash sal sy agtste deelname wees.
Döman sê: “Ons oefening verloop vlot, hoewel jy nooit so fiks is as wat jy wil wees nie. Op die dag kan jy maar net jou beste gee. Ons beskou dit as ’n groot voorreg om ’n skool te kan ondersteun, as ’n geleentheid om die toekoms te bou.”
Sarel Boshoff ry sedert 2010 fiets en sê die fietsrygemeenskap is wonderlik. “Ek het al ’n paar keer die Desert Dash gedoen – solo of in ’n span. Dis altyd groot pret.”
Ian Grassow het in 2003 begin bergfiets ry en het nog nooit opgehou nie. Hy sê: “Ek het die Dash al verskeie kere gedoen en ek het vir die grootste deel van die jaar geoefen. Ek moet net nog ’n paar lang ritte doen om weer skerp te wees.”
Allan Vivier het in 2012 begin fietsry, aanvanklik om gewig te verloor.
“In die begin was ek onfiks en moes my fiets teen die meeste bulte opstoot. My gewig was 98 kg, maar is nou omtrent 77 kg. Fietsry is ’n gesonde verslawing. Ek het my eerste Desert Dash in 2013 in ’n tweemanspan gedoen. Sover het ek agt opeenvolgende Desert Dashes voltooi (vier elk in tweemanspanne of solo).”
Om die Rosewood Academy en die fietsryers te ondersteun, kontak Leukes by [email protected] of by 081 642 8521. Vind gerus meer uit op hul webblad www.rosewood.edu.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie