Rosh Pinah, MUN skik
Rosh Pinah, MUN skik

Rosh Pinah, MUN skik

Catherine Sasman
Catherine Sasman

Die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) het as die groot oorwinnaar uit die 54 dae lange staking van sy lede op Rosh Pinah Zinc Corporation (RPZC) uitgestap ná ’n skikking wat die afgelope naweek bereik is.
Die stakers het Maandag hul werk hervat toe die ooreenkoms van krag geword het.
Die skikking voorsien vir ’n inklusiewe maandelikse salarisverhoging van N$1 600 vir alle werkers wat deel uitmaak van die bedingingseenheid asook ’n 7% basiese salarisverhoging vir 2017.
RPZC gaan ook aanpassings aan sy bydraes tot die mediese fonds maak en sal slegs vir vandeesmaand spesifieke verwante skulde op sy betaalstaat afskryf.
Omdat werkers nie betaal is vir die dae wat hulle gestaak het nie, het RPZC, blykbaar as ’n gebaar van waardering vir die ingryping van die MUN se nasionale uitvoerende komitee, ook onderneem om ’n eenmalige bedrag van N$1 600 in kosgeskenkbewyse aan stakers te gee.
Die twee partye het gister op ’n gesamentlike mediakonferensie gesê hulle sien uit na ’n veilige en produktiewe bedryfsbegin en positiewe arbeidsverhoudinge op die lange duur.
Die wettige staking het op 25 Februarie begin nadat ’n dooie punt in die salarisonderhandelinge ontstaan het.
MUN het oorspronklik ’n verhoging van 12% geëis en dit later na 10% en 7% verlaag. RPZC het 5,5% aangebied.
Mnr. Elvis Bekele, MUN se organiseerder in die //Karasstreek, het gesê die verhoging van N$1 600 deur die bank, kom neer op ’n verhoging van rofweg 28% vir laevlak werkers en sowat 8% vir meer senior werkers.
Met die vergunnings wat RPZC maak rakende sy bydraes tot die mediese fonds, kom die verhoging op sowat 9% vir vanjaar te staan.
RPZC se mynbestuurder, mnr. Christo Aspeling, en die myn se woordvoerder, mnr. Kondja Kaulinge, wou nie sê hoeveel die uitgerekte staking die maatskappy kos nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!