Rosse in aksie by kus
Skouspring en dressuur
Die Reiter Verein Swakopmund bied van vandag tot Sondag sy 62ste jaarlikse dressuur- en skouspringkompetisie op dié kusdorp aan.
Die toernooi sou gister om 11:00 met ‘n parade deur Swakopmund se strate geopen word waarná deelnemers mekaar pak en kinders met ponies kan rondry, terwyl ander weer die springkastele en speletjies op die proef stel.
Stalletjies sal by die venue wees waar die nuutste modes vir ruiters te sien sal wees.
Die Joker Top Score, Six Bar High Jump en springderbies gaan vir hope aksie sorg, terwyl die vrystyl- musikale dressuurkompetise vir elegansie en pronkende rosse gaan sorg.
Die laaste uitslae van die Fédération Equestre Internationale (FEI) is soos volg:
Kategorie A: 1.2 m/1.3 m. Eerste, Michelle Künzle met Voigtskirch Sovereign.
Kategorie B: 1.1 m/1.2 m. Eerste, Anette Künzle met Seeis Elton, tweede, Michelle Künzle met Lorcarno Dicaprio.
Kategorie C: 1 m/1.1 m. Eerste, Jade Bassi-Hansen met M&A’s Caskari, tweede, Silvia Kleyenstüber met Rathmor Water Ford.
Algehele wenners van ronde 1 tot 3:
Kategorie A: Nadine Flemming met Seeis Shelton.
Kategorie B: Kampioen, Annette Künzle met Seeis Elton. Reserwe-kampioen, Michelle Künzle met Lorcarno Dicaprio.
Kategorie C: Kampioen, Jade Bassi-Hansen met M&A’s Caskari. Reserwe-kampioen, Kordula Voigts met Zonjati Bon Gondalier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie