Rosse reg vir ruiterkuns aan kus
Skouspring
Die Riverside Equestrian Centre naby Swakopmund bied van vandag tot Sondag die Namibiese Skouspringkampioenskappe, asook die jaarlikse dressuur- en interklubkompetisie aan.
Tans is 90 perde ingeskryf met ruiters van oraloor die land wat die naweek gaan saamtrek om mee te ding om die titel van kampioen.
Om die sport te bevorder, bied die byeenkoms ook ‘n fantasiekostuumkompetisie aan jong, opkomende ruiters waartydens hulle hul rykuns ten toon kan stel.
Daar sal ook ‘n spankompetisie vir ruiters en hul hanteerders wees. Sondag is dit tyd vir die klubs om mekaar te pak, wat vir groot opwinding en wedywering onder deelnemers sal sorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie