Rotariërs help Lebensschule

Vrywilligers ondersteun projek
Gerine Hoff
Catherine Sasman – As deel van die 110de herdenking van die ontstaan van die Internasionale Rotariërsklub, het ’n groep vrywilligers van die Auas Rotariërs in Namibië die groentetuin van die Lebensschule vir kinders met ontwikkelingsprobleme op te knap.
Die klein skooltjie is in 1999 op Rehoboth deur me. Kathy Hampe as ’n “vrye skool” begin om gestremde kinders wat andersins nie toegang tot skoolopleiding kry nie, te huisves.
Tans bied die skool ’n veilige, helende en leersame hawe vir 28 leerlinge van verskillende ouderdomme en gestremdhede.
Van die leerlinge het ernstige gestremdhede en dus het die skool begin om vrywillige internasionale senior kundiges soos spraak- en hidroterapeute te werf.
Al die leerlinge kom uit arm huishoudings, baie waarvan daar slegs ’n enkelouer is. Om hierdie rede sukkel ouers om die N$100 se maandelikse fooi te betaal. Die skool is dus afhanklik van donasies wat baie wisselvallig is, en die dienste van vrywilligers. Die vier personeellede werk almal op ’n vrywillige basis by die skool.
Hampe sê een van die redes vir die groentetuin was om ’n klein inkomste vir die skool te skep, en om aan van die kosbehoeftes van die leerlinge te voorsien.
Die tuin is in 2006 met behulp van die Duitse ambassade in Namibië begin. Hier word die leerlinge toegelaat om self te spit en plant.
Die tuin is geleë naby die oog van die groot waterwaterbron wat onder Rehoboth loop. Water word dus uit die warmbron in ’n vlak dammetjie gepomp om af te koel voor dit in die kweekhuis gebruik word.
“Ons probeer soveel moontlik groente uit die tuin te gebruik, nie net omdat dit varser groente vir ons leerlinge bied nie, maar ook omdat dit meer bekostigbaar is,” sê Hampe.
Ten spyte van die uitdagings, is die skool tog tot ’n mate self-onderhoudend te danke aan die groente wat aan die plaaslike gemeente verkoop word. Dit het ook ’n roomysmasjien aangeskaf en verkoop die roomys op die straathoeke van Rehoboth.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!