Rotariërs ploeg terug in gemeenskap
“Ons doen dit om kinders te help.”
Tanja Bause - Die Rotariërklub op Lüderitz (RC Lüderitz) het onlangs hul grootste projek nóg afgehandel. Die Rotariërklub Bocholt van Duitsland (RC Bocholt) en dié van Lüderitz werk al vir jare saam aan die projek, Kids of Lüderitz.
Dit is juis met dié projek wat die Shooting Star Day Care Centre vir N$1,4 miljoen gebou is.
Volgens Gerd Kessler, president van die Rotariërklub op Lüderitz, is dit die grootste bedrag wat op een projek bestee is, maar dit is nie naastenby die enigste projek nie.
“Ons het al verskeie kindergartens en speelparke saam gebou. Ons het ook 'n gemeenskapsbakkery en 'n opvoedkundige sentrum gebou.”
Die Shooting Star Day Care Centre het voorheen uit 'n sinkplaatgebou bestaan wat 30 kinders gehuisves het.
“Nou is daar drie klaskamers wat elk hul eie toilette het, 'n kombuis en eetkamer, 'n kantoor en 'n stoorkamer. Die kindergarten het op die oomblik 60 kinders, maar daar is plek vir nog.
“RC Bocholt het nie net die bou van die kindergarten gefinansier nie, maar ook die binnenshuise versiering soos die tafels, stoele, rekenaars en al die speelgoed,” het hy gesê.
“Die Duitsers gee die geld en RC Lüderitz doen die werk,” het hy gesê.
Volgens Elli Matthys, 'n onderwyseres by die kindergarten, is die kinders tussen die ouderdomme van drie en ses.
“Die nuwe gebou maak 'n groot verskil. Nou het ons baie spasie in die klaskamers en elke klaskamer het sy eie toilet. Dit is nie meer so warm in die somer en koud in die winter nie en die wind en stof waai nie meer deur elke geroeste gat en gleuf nie,” het sy gesê.
Die RC Lüderitz het in 1960 begin en het tans 14 lede. Gert is al 39 jaar deel van die klub.
“Ek doen dit om kinders te help. Onderrig is belangrik sodat die kinders produktiewe lede van die gemeenskap word.”
Die volgende projek wat hulle gaan aanpak, is die stigting van 'n satellietklub op Keetmanshoop.
“Daar is Rotariërs op Keetmans wat 'n klub wil begin, maar om 'n nuwe klub te begin, moet jy 20 lede hê. As hulle 'n satellietklub is, kan hulle met vyf lede begin en hulle getalle aanvul.”
Volgens Rotariër Ulf Grünewald het die RC Lüderitz die stelsel van satellietklubs begin wat later internasionaal aanvaar is.
“Daar is baie dinge wat die RC Lüderitz wêreldwyd eerste gedoen het soos die satellietklub, die eerste vroulike president, sowel as die eerste swart president,” het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie