Rouchelle by Hallelujah Namibia

Lloyd Zandberg
Op 4 November vind Hallelujah Namibia by Vegkop-stadion by WHS plaas. Plaaslike kunstenaars soos Maranatha Goroh, Ponti Dikuua en die Collective Singers, asook Clive Willemse van die NOW Generation, sal daar optree. Ons sal ook saam met Suid-Afrikaanse gunstelinge soos Louis Brittz, Retief Burger, Louis Loock, Juanita du Plessis, Elvis Blue, Rouchelle Liedeman, Neville D en die sangpaar Anders die Here loof. Kry jou kaartjie betyds by www.webtickets.com.na of by Pick n Pay.

Louis Loock het sy vlerke as solosanger gesprei na hy lid van die baie suksesvolle groep Romanz was. Louis word vir die eerste keer by Hallelujah Namibia verwelkom. Hy het onlangs ’n nuwe album, A tribute to the Beatles, uitgebring waarop hy ou Beatle-liedjies nuwe lewe gee.

Rouchelle Liedemann is ’n gunsteling by Hallelujah Namibia. Met haar passie vir lof en aanbidding was dit die afgelope drie jaar ’n voorreg om haar by die geleentheid te hê. Rouchelle word as een van die talentvolste sangers in Suid-Afrika beskou. Sy’s ’n bekende gesig by onder meer Huisgenoot Skouspel, Radio Tygerberg Gospel Skouspel en die World Aids Gala Concert.

Hekke by Hallelujah Namibia maak 4 November om 15:00 oop. Goue Sirkel-sitplekke is beperk en spesifieke sitplekke kan by www.webtickets.com.na bespreek word. Die oop sitplekarea is groot en ruim. Eie stoele word vir hierdie area saamgebring. Kinders en pensioenarisse kan kaartjies teen 50% afslag koop. Sien julle by Hallelujah Namibia!

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer