Rowers buit byna ‘n miljoen in Walvisbaai
Die Namibiese polisie het bevestig gewapende rowers het vanoggend by Pupkewitz MegaBuild in Walvisbaai N$943 616,84 gesteel.
Vyf mans – twee van hulle was gewapen – het omstreeks 09:00 sekuriteitswagte van Southern Cross ontwapen en houers met kontant gesteel wat by sewe verskillende winkels opgelaai is.
Hulle het ontsnap in ‘n wit Volkswagen Polo met getinte ruite en vals nommerplate.
Twee vuurwapens is van die veiligheidswagte gesteel, ‘n .38 Special en ‘n .32 Ruby. Een wag se selfoon is ook gevat en die sleutels van die sekuriteitsbesigheid se Nissan-bakkie.
Die rowers is nog op vrye voet, maar een se selfoon is op die toneel gevind. Die polisie is besig om data op die foon te ontgin.
‘n Bedrag van N$28 616,84 is in die sekuriteitswa agtergelaat.
Verlede week het ‘n sekuriteitswag op Swakopmund N$300 000 se kontant gesteel. Hy is eers na ses dae in die DRC-nedersetting vasgetrek.
Enigeen met inligting oor die voorval kan adj.komm. Erastus Iikuyu by 081 246 4757 skakel, hoofinsp. Johannes Mwatongwe by 081 246 1121 of insp. Johan Geiseb by 081 262 9842. Kontak alternatiewelik jou naaste polisiestasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie