Rowers buit byna u2019n miljoen in Walvisbaai
Rowers buit byna u2019n miljoen in Walvisbaai

Rowers buit byna ’n miljoen in Walvisbaai

Yandi Du Plessis
Dani Booysen en Erongo-redaksie – Die Namibiese polisie het bevestig gewapende rowers het Saterdagoggend by Pupkewitz MegaBuild in Walvisbaai N$943 616,84 gesteel.

Vyf mans – twee van hulle was gewapen – het omstreeks 09:00 sekuriteitswagte van Southern Cross ontwapen en houers met kontant gesteel wat by sewe verskillende winkels opgelaai is.

Hulle het ontsnap in ’n wit Volkswagen Polo met getinte ruite en ’n vals registrasiemerk.

Twee vuurwapens is van die veiligheidswagte gesteel, ’n .38 Special en ’n .32 Ruby. Een wag se selfoon is ook gevat, asook die sleutels van die sekuriteitsbesigheid se Nissan-bakkie.

Die rowers is nog op vrye voet, maar een se selfoon is op die toneel gevind. Die polisie is besig om data op die foon te ontgin.

’n Bedrag van N$28 616,84 is in die sekuriteitswa agtergelaat.

Verlede week het ’n sekuriteitswag op Swakopmund N$300 000 se kontant gesteel. Hy is eers ná ses dae in die DRC-nedersetting vasgetrek.

Enigeen met inligting oor die voorval kan adj.komm. Erastus Iikuyu by 081 246 4757 skakel, hoofinsp. Johannes Mwatongwe by 081 246 1121 of insp. Johan Geiseb by 081 262 9842. Kontak alternatiewelik jou naaste polisiekantoor.

‘INBREKER’ DOODGESKIET

Die Erongo-polisie ondersoek ’n afsonderlike saak van moord en huisbraak met die doel om te roof in Hentiesbaai.

Een van die vermeende diewe is deur die huiseienaar geskiet en is op die toneel dood.

Adj.komm. Iikuyu het die voorval bevestig.

Volgens Iikuyu het vyf verdagtes vroeg Vrydagoggend, omstreeks 02:00, by ’n huis in die Ilofa-kampterrein ingebreek.

“Die verdagtes het onwettig en opsetlik die voordeur van die huis oopgedwing om toegang te verkry en die egpaar probeer beroof. Een van die slagoffers (die man) het na bewering wakker geword, ’n vuurwapen gegryp en ’n paar skote op die verdagtes afgevuur en een van hulle in die maag getref. Die gewonde verdagte is op die toneel dood. Die ander vier verdagtes het van die toneel gevlug en ’n byl en ’n panga agtergelaat.”

Die oorledene het ’n mes op hom gehad en is deur ’n rybewys wat in sy besit gevind is as ’n 36-jarige Namibiese man geïdentifiseer.

“Die ander vier verdagtes is steeds op vrye voet en ’n soektog is aan die gang om hulle op te spoor en in hegtenis te neem,” het Iikuyu gesê.

’n Moordsaak is teen die skieter, ’n 60-jarige Namibiese man, aanhangig gemaak.

“Die vuurwapen wat gebruik is, is gekonfiskeer en die pensioenaris is nie in hegtenis geneem nie, terwyl die ondersoek afgehandel word en die aanklaer-generaal se besluit nog bekendgemaak moet word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!