Rowers se tonnel mis bank
Rowers se tonnel mis bank

Rowers se tonnel mis bank

Hendrik Hancke - ’n Johannesburgse bank het die afgelope week ’n rooftog vrygespring omdat die mond van die onbeholpe rowers se tonnel net buite die bank se voordeur deur die grond gebreek het.

Die Islamitiese alBaraka-bank se tak in Fordsburg se alarm het Woensdag in die vroeë oggendure begin loei nadat die moedelose rowers, wat gehoop het dat hul tonnel binne die gebou sou oopmaak, hulself buite die gebou bevind het en besluit het om maar liewer ’n venster te breek.

Die alBaraka-groep se hoofbestuurder, Mohammed Kaka (38), het uit Durban aan Rapport gesê die rowers was op die ou end vir ’n kort rukkie binne die bank en het gevlug toe hulle nie die alarm kon deaktiveer nie.

“Mens kan net dankbaar wees hierdie rowers het net die tweede helfte van The Italian Job gekyk. Die deel waar hulle beplanning moes doen, was duidelik nie deel van hul planne nie,” het Kaka gelag. “Ons gewapende­reaksie-kontrakteurs was binne minute op die toneel en teen daardie tyd was die rowers reeds weg.”

Die gat in die grond was reeds met sement toegegooi toe Rapport die toneel Donderdag besoek het.

Kaka weet nog nie hoeveel rowers betrokke was nie.

“Die polisie is steeds besig om deur ons kringtelevisie se beeldmateriaal te werk. Ons weet ook nog nie waar die tonnel vandaan kom nie. Ons vermoed dis ou, ongebruikte zama-zama-tonnels, maar dit sal die polisie eers moet bevestig.” ’n Zama-zama is ’n onwettige mynwerker.

Kapt. Xoli Mbele van die polisie sê die ondersoek vorder. “Ons kan nie sê die tonnel is deur zama-zamas gegrawe nie. Dit kan ook ’n ou riooltonnel wees.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!