RSA breek Namibië se houvas op uithourit

Die SA ruiters het hul taktiek beter as die gasheerspanne beoordeel.
Otis Finck
Otis Finck - Suid-Afrikaanse rui­ters het besonders presteer om drie van die vier spanafdelings by laas Saterdag se FNB Walvisbaai Internasionale Uithouritkampioenskap op te raap.

Die byeenkoms wat as een van die taaiste van sy soort bestempel word, het 158 van die wêreld se beste ruiters en perde van ­Suid-Afrika, Namibië, Botswana en 'n saamgestelde span van Engeland en Slovakye gelok om hul vernuf oor verskeie afstande en kategorieë in uiterste omstandighede in die Namibwoestyn te toets.

Die oorwinnings wat Suid-Afrika vanjaar in die junior, geengewig- en swaargewigafdelings bewerkstellig het, het Namibië se dominansie van die afgelope jare kortgeknip.

'n Aspek wat moontlik sterk in die Suid-Afrikaners se guns getel het, was dat die byeenkoms wat normaalweg oor vyf baanrondtes afgehandel was, tot vier verminder is. Dit het die afstand vir 'n enkele rondte vanaf 32 km tot 40 km laat vermeerder. Die Namibiese spanne het klaarblyklik nie goed by dié verandering aangepas nie.

Die Suid-Afrikaanse span het die junior kategorie in 'n tyd van 21:21:29 voltooi, die geengewig­kategorie in 20:29:36 en die swaargewigkate­gorie in 'n tyd van 21 uur 58 minute.

Die ­Uithouritvereni­ging van Suid-Afrika (ERASA) se president, Niel Kirstein, het sy spanne geloof en gesê 'n groot groep rui­ters wat in Namibië gekompeteer het, het hul ere “Springbokkleure” verwerf.

“Ons het gekom om te wen en het dit ­reggekry. ERASA sien uit daarna om die Namibiese Uithouritvereniging (NERA) se spanne by die 2019 ­Suid-Afrikaanse Inter­nasionale ­Kompetisie (SAIC) by die Bona Bona wildreservaat, asook by die Faure­smith-byeen­koms te ontvang.”

Dieter Neumann, waarnemende president van NERA, het bevestig dat die Namibiërs beslis aan beide byeenkomste sal deelneem. Hy het ook die borge bedank en die wenners gelukgewens.

Namibië het die standaardgewigklas met twee ure in 'n tyd van 19:58 ingepalm. Shannon Parker op Lomahar Parker het algeheel die vinnigste tyd opgestel om die ren in 6:2817 te wen.

Die vinnigste kindergewigruiter met 'n tyd van 6:42:65 was Carmen Derks op Kalharabi CD El-Arab. Lara van Niekerk op Hurst Ronaldo het die ­jongruiterafdeling in 9:50:47 haar eie gemaak. Shannon Parker op Llam­rai Asara het die geengewigafdeling met 'n wen­tyd van 6:28:17 oorheers. Suné Wessels op Edl Agbahr Blue Domino wen die standaardgewigafdeling in 6:33:56. Henri van Wyk (RSA) op Shadow palm die swaargewigafdeling met 'n tyd van 7:19:23.

Hofmeyr van Blerk, skoolseun van Windhoek Affies, het die uithourit-geesprys gewen.

Gian Steyl (11) was die jongste deelnemer en Dube Price-Moore (66) die oudste deelnemer by vanjaar se byeenkoms. Price-Moore het ook die skilpadtrofee sy eie gemaak. Hy wou nie sy dogter Fran wat ook deelgeneem het alleen in die Namib los nie. Dube het vir haar gewag en bygestaan om die rit af te handel. Hy het die afstand in 10:46:40 voltooi.

Chilli Red is die perd wat na dese die meeste kompeterende renkilometers (3 300 km) afgelê het.

NERA het ook sy voorste ruiters vir 2018 beloon. Hulle is Carmen Derks (kinderruiter van die jaar), Carolina Neumann (junior ruiter van die jaar), Josef Namseb (geengewigruiter van die jaar), Steven Gaub (standaardgewigruiter van die jaar) en Karel Bosch (swaargewigruiter van die jaar).

Dr. Donald Macrae, 'n lid van die veeartsenypaneel, sê die gemiddeld van 66% ryers wat klaargemaak het, is baie goed vir so 'n moeilike roete. Dit is 'n respektabele vertoning en ver bo die wêreldgemiddeld, of byvoorbeeld die Dubai-uithourit waar slegs 50% van deelnemers klaarmaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!