RSA-manspan sweet vir sege

Hokkie
Andrew Poolman
Die Namibiese manshokkiespan het sy gereedheid vir die Binnenshuise Wêreldbeker in Februarie in België goed opgeskerp met die afgelope naweek se reeks teen Suid-Afrika in Kaapstad.

Gister se vierde en laaste wedstryd sou inderdaad die reeksuitslag bepaal, nadat kaptein DJ Strauss en sy manne die gasheerspan twee keer tot gelyk­opuitslae van 3-3 en 3-3 beperk het. Suid-Afrika het die tweede wedstryd met 7-4 gewen en die vierde wedstryd met 6-5.

Strauss was as doelwagter deurgaans uitstekend op dreef en het stringe doelkanse weggekeer.

In die eerste wedstryd het Brynn Cleak en Liam Hermanus binne skaars twee minute die voorsprong met 2-0 verseker, voordat Ernest Jacobs die derde doel aangeteken het. Suid-Afrika het 'n laat tweede doel deur Mustaphaa Cassiem nodig gehad om 'n neerlaag vry te spring.

In wedstryd 2 Vrydagaand het Jacobs (2), JP Britz en Fagan Hansen 'n voorsprong met 4-2 opgebou met vier minute oor, voor Suid-Afrika met 'n onstuitbare eindpoging vorendag gekom het. Mustaphaa Cassiem het 'n driekuns behaal.

Saterdag was dit die Namibiërs wat vanaf 0-2 moes terugveg en daarna met 3-2 voorgeloop het, voordat Mustaphaa Cassien opnuut getref het om sake gelykop te laat eindig. Namibië se treffers is deur Hansen (2) en Britz behaal.

Ter afsluiting het die spanne gistermiddag opnuut 'n spannende drama gelewer voor Suid-Afrika met 6-5 gewen het (rustyd 5-2). Die Namibiese doelskieters was JP Britz (3), Brynn Cleak en Dakota Hansen. Vreemd genoeg is geen doele in die vierde kwart behaal nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!