RSA se Marais tem gewilde Sandman

Deelnemers van Duitsland, Suid-Afrika en Zimbabwe het die standaard van die byeenkoms verhoog.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Ongeveer 310 atlete het vir die 2019 FNB Sandman-triathlon ingeskryf wat Sondagoggend by die Mole in Swakopmund begin het.

Dié jaarlikse driekampfees met verskeie afstande wat tradisioneel die feesseisoen afskop, se gewildheid is beslis aan die groei. Verlede Desember het “net” 270 deelnemers die ultra-afstand, standaardkompetisie, sprintafdeling en mini-klas aangepak.

Vanjaar het selfs Suid-Afrikaners asook deelnemers van Duitsland en Zimbabwe hul uithouvermoë kom beproef.

Die 26-jarige Konrad Marais, Suid-Afrika se gedugte internasionale driekampatleet wat die elite-afdeling gewen het, was die vinnigste fietsryer oor 90 kilometer in 2:32:20.

Phillip Seidler, Namibië se bekroonde oopwaterkampioem, het die swemdissipline in die elite-afdeling oor 1.9 kilometer binne 21 minute 23 sekondes afgelê.

Die kusstreek se bekende Erich Goeieman was soos verwag in die halfmarathon van 21.1 km die vinnigste enkeling in 1:16:11. Goeieman en Seidler kon as lede van aflosspanne op hul spesialis-items fokus.

Daar kan ook nie verby Melissa Hinz se blink vertoning gekyk word nie. Die vrouewenner se tyd van 5:18:42 het haar algeheel derde oor die eindstreep laat draf. Sy was met bykans vier minute vinniger as die tweede geplaaste elite mansatleet.

Die uitslae:

ULTRA-AFSTAND

Algeheel: 1 Konrad Marais 4:47:41, 2 David Gardner 4:53:51, 3 Melissa Hinz 5:18:42.

Elite mans: 1 Konrad Marias 4:47:41, 2 Petrus Laubscher 5:22:41, 3 Hennie Fourie 5:23:25.

Elite vroue: 1 Melissa Hinz 5:18:42, 2 Bertha Theron 5:37:49, 3 Elzanne van der Linde 6:04:15.

Veteraan mans: 1 David Gardner 4:53:51, 2 Michiel Greeff 5:29:44, 3 Carel Fourie 5:43:52,

Meesters vroue: 1 Adri van der Merwe 6:31:39, 2 Marion Himmel 7:01:56.

Gemengde vrouespanne: 1 The Warriors 4:51:41, 2 The Lockness Monster 5:18:20, 3 Tri Chicks 5:27:30.

Gemengde manspanne: 1 Simply Unfit 4:33:46, 2 Etango 5:11:56, 3 Team 2+1 5:22:16.

STANDAARD-AFSTAND

Elite mans: 1 Luke Brinkmann 2:27:14,2 Sebastian Jahnke 2:27:41,3 René Graf 2:28:22.

Elite vroue: 1 Benita Kasch 2:25:51, 2 Sonja Obholzer 2:42:10, 3 Wilmerie Schafer 2:49:40.

Veteraan mans: 1 Mark Spath 2:18:24, 2 Pierre van Rensburg 2:24:28, 3 Andrew Rowles 2:25:56.

Veteraan vroue: 1 Bronwen Chase 2:49:46, 2 Susanne Borg 3:11:28, 3 Allison Fourie 3:14:25.

Meesters mans: 1 Mike van der Vaart 3:01:12, 2 Renier van Rooyen 3:52:28.

Meesters vroue: 1 Karin Brockmann 3:06:53, 2 Berrit Graf 3:14:38, 3 Carola Kirchner 3:39:02.

Gemengde vrouespanne: 1 Terrific Trio 2:34:51, 2 Gold Diggers 2:46:07, 3 And We Can Cook 2:54:26.

Gemengde manspanne: 1 3 Men 2:18:18, 2 J2D 2:28:17, 3 Coast Busters 2:34:15.

MINI-KLAS

Seuns o.15: 1 Micah Chase 38:40, 2 Liam Nasilowski 42:33, 3 Kieran Golomboski 51:15.

Meisies o.15: 1 Maja Brinkmann 39:01, 2 Emma Brinkmann 49:26, 3 Svea Rohlf 56:36.

Mans ope: 1 Greg Chase 38:40, 2 Johan Visser 42:35, 3 Marius Nasilowski 42:53.

Vroue ope: 1 Angelique de Klerk 43:41, 2 Jessica Lofty-Eaton 45:24, 3 Luandrie Silver 49:25.

Seuns 15 en jonger: 1 Nathan Chase 1:06:48, 2 Yenik Brinkmann 1:13:07, 3 Nathan Snyders 1:28:38.

SPRINT-AFDELING

Elite mans: 1 J.F. Labuschagne 1:02:45, 2 Aaron Wehde 1:07:48, 3 Johan du Plessis 1:09:04.

Elite vroue: 1 Katarina Gruhler 1:13:36, 2 Mirja Sasse 1:20:24, 3 Louise Engels 1:33:34.

Mans 40 en ouer: 1 Mark Brinkmann 1:01:47, 2 Rudolf Pahl 1:02:27, 3 Peter Pahl 1:10:19.

Vroue 40 en ouer: 1 Carly van der Merwe 1:13:27, 2 Charmaine Shannon 1:13:32, 3 Brigit Ellinger 1:21:06,

Vrouespanne: 1 Desert Bratz 1:25:11, 2 Waka Tri 1:25:38, 3 Wonder Woman 1:28:41.

Gemengde manspanne: 1 Connexion Error 1:07:18, 2 Eliminators 1:13:50, 3 Speedy Konzaliz 1:18:35.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!