Rössing kyk trots vorentoe
Die uraanmyn vestig sy hoop vir die toekoms op ’n kooptransaksie met China.
Augetto Graig - Indien Rio Tinto se aandeel van 68,2% in die Rössing-uraanmyn aan die China Nasionale Uraankorporasie (CNUC) verkoop word, kan dit die myn se voortbestaan tot selfs ná 2025 verseker.
Só sê mnr. Richard Storrie, die myn se besturende direkteur.
Al wat kort, is die Namibiese Mededingingskommissie se goedkeuring van dié transaksie van sowat N$1,5 miljard.
Dit word voor die einde van Junie verwag.
Die myn se prestasies vir 2018 sluit die verhoging van produksie met 17% deur die vervaardiging van 2 479 ton uraanoksied in, vergeleke met 2 110 ton in 2017.
Dit was gelykstaande aan die helfte van Namibië se 8,2%-bydrae tot die wêreld se uraanproduksie verlede jaar.
Terselfdertyd is inkomste met 5% verhoog, danksy hoër verkoopspryse en ’n beter wisselkoers, en besparingsinisiatiewe het N$310 miljoen voortgebring, sê Storrie.
Te danke hieraan het Rössing vir 2018 ’n wins van N$166,5 miljoen getoon in vergelyking met slegs N$1,9 miljoen die vorige jaar.
“Teen die einde van 2018 was die uraanprys US$28,82 per pond, 21% meer as die prys aan die einde van 2017, maar toe val hy weer na US$25,22 ’n pond. Die langtermyn-prysaanwyser het gestyg na US$31 per pond, ’n toename van 3%,” sê hy.
“Wêreldvoorrade bly op rekord- hoë vlakke van sowat 950 miljoen pond.
“Hoewel verwag word aanvraag sal op die lange duur groei, is die groeikoers weens betekenisvolle afhanklikheid van China se kernkragbouplanne onseker. In Februarie 2019 het die Chinese regering die bou van vier nuwe plaaslik-ontwerpte kernreaktors voorlopig goedgekeur – die eerste goedkeuring van nuwe reaktors in twee jaar,” sê Storrie.
Hy sê die kooptransaksie word in ’n positiewe lig gesien en verseker die myn se volhoubaarheid tot selfs ná 2025.
“Die ooreenkoms bring die eienskap van vertikale integrasie na die Chinese kernmark – veral met die sterkste speler in daai mark.”
CNUC behoort aan China se Nasionale Kernkorporasie (CNNC), wat ’n volledige raamwerk vir ’n kernbrandstofsiklus eksklusief vir China bedryf.
Storrie beskryf dit as regstreekse toegang tot China se die hoof- kragverskaffer.
“Die alternatief sou wees dat Rio Tinto Rössing in die nabye toekoms sluit,” sê hy.
Rössing is een van die uraanmyne ter wêreld wat die langste bedryf word. Die myn lewer aan elektrisiteitsmaatskappye in Noord-Amerika, Europa, die Midde-Ooste, Afrika, Japan en Asië.
“Byna al ons produksie word deur middel van langtermynkontrakte met uiteenlopende kliënte wêreldwyd bemark,” sê Storrie.
Volgens hom sal die maatskappy onder nuwe eienaarskap bestaande langtermynkontrakte steeds tot 2025 dien.
“Alle standaarde en beleide word behou. Ons sal voortgaan om volgens Namibië se wetlike vereistes te werk. Ons verwag nie enigiets sal verander nie,” sê hy.
Selfs die ooreenkoms tussen die myn en sy Rössing-stigting word behou.
Die stigting het onlangs N$28 miljoen in vennootskap met Arandis se dorpsraad bestee om 823 huise en twee skole se asbesdakke te vervang.
Rössing dra tot veral die Erongostreek se ekonomie by deurdat N$1,9 miljard verlede jaar aan plaaslike verskaffers betaal is.
Dit was 78% van die totale N$2,49 miljard se uitgawes vir 2018.
Sowat 12%, of N$305 miljoen, is aan internasionale verskaffers bestee, terwyl Suid Afrikaanse besighede sowat 10%, of N$250 miljoen, van Rössing se uitgawes in 2018 beloop het.
Van plaaslike aankope word 44% in Erongo gedoen, en 45% in die Khomasstreek, sê Storrie.
“Ons het goedere en dienste ter waarde van N$100 miljoen by voorheen benadeelde Namibiërs en plaaslike klein- en mediumgrootte-ondernemings gekoop,” sê hy.
Hoewel Rössing geen korporatiewe belasting in 2018 betaal het nie, het sy bydrae tot die regering en verwante ondernemings N$551 miljoen beloop, sê Storrie.
In 2018 het Rössing 967 poste geskep waarvan 98,2% deur Namibiërs beklee word en 17% deur vroue.
In 2018 is ’n salarisverhoging van 5,8% toegestaan, wat beteken die gemiddelde koste per werknemer in 2018 was N$758 000.
“Ons salarisskale is op alle vlakke baie goed.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie