Ru00f6ssing-pensioenfonds wil begunstigdes betaal
Ru00f6ssing-pensioenfonds wil begunstigdes betaal

Rössing-pensioenfonds wil begunstigdes betaal

Die uraanmyn het meer as 10 000 begunstigdes wat op uitbetaling geregtig is.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Rössing-pensioenfonds het die spertyd vir oudwerknemers van die uraanmyn tot 30 Junie vanjaar verleng om aansoek vir ’n deel van surplusuitbetalings te doen.

Begunstigdes het op 31 Maart 2012 reeds begin registreer, en dié proses is voorheen van Maart 2017 tot 31 Maart vanjaar verleng.

Voormalige Rössing-werknemers kan deur middel van uitbetalings tussen N$5 000 en N$50 000 ontvang.

Die pensioenfonds se uitvoerende hoof, mnr. Ismael Kasuto, het verlede week lig gewerp op surplus uitbetalings en die impak van Rio Tinto se verkoop van die meerderheidsaandeel in die myn aan China se Nasionale Uraankorporasie (CNUC) op die fonds.

Kasuto het daarop aangedring die fonds is onafhanklik van die myn – of die transaksie voortgaan of nie.

Hy het ook na ‘n brief van mnr. Richard Storrie, die myn se hoofbestuurder, verwys waarin hy in Februarie geskryf het die pensioenfonds sal nie hierdeur geraak word nie.

“Wat Rössing se ekonomiese belang vir Namibië betref, is besluit die operasie hoort eerder onder nuwe eienaars se bestuur, wat ‘n langtermynvooruitsig op die vraag na kernkrag en die verskaffing daarvan het,” het Storrie geskryf.

Die surplus het volgens Kasuto ontstaan omdat die fonds meer as genoeg geld het om sy uitgawes te dek en verantwoordelikhede na te kom.

In 2012 is besluit om die fonds se reëls aan te pas om Rössing se oudwerknemers by die verspreiding van die surplusgeld in te sluit.

Hy beskryf dit as ‘n bonus.

Die deel van die surplusgeld wat aan die myn behoort, word glo gebruik om Rössing se bydrae tot die fonds te dek.

“Die fonds het data van ten minste 9 837 oudlede ingesamel, wat die fonds tussen 1 Augustus 1975, toe die fonds gestig is, en 31 Maart 2012 verlaat het. Ons vermoed daar is nog oudlede van wie ons nie rekord het nie. Ons het meer as 750 aansoeke ontvang wat ons nagaan, wat beteken die finale getal moontlike eise kan meer as 10 000 wees,” het Kasuto gesê.

Om vir uitbetalings in aanmerking te kom, moes myners in 2012 nog geleef het, en moet besonderhede en inligting oor hul tydperk by die myn aan die fonds verskaf word.

Die verkoop van Rio Tinto se 68,62%-aandeel in die myn teen US$106,5 miljoen (N$1,5 miljard) sal teen die middel van 2019 afgehandel wees indien dit goedkeuring van die Mededingendheidskommissie ontvang.

Dit sal Chinese staatsondernemings aandele in die grootste uraanmyne in die land gee.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!