Ru00f6ssing-pensioensaak weer uitgestel
Ru00f6ssing-pensioensaak weer uitgestel

Rössing-pensioensaak weer uitgestel

Jessica Botes
Jessica Botes

Regter Shafimana Ueitele se uitspraak oor hersiening van die Rössing-pensioenfonds se surplusverdeling is nog nie gereed nie.
Die saak spruit uit ’n besluit wat op 28 Maart 2012 deur die trustees van die pensioenfonds geneem is en wat bepaal dat voormalige lede 15%, die maatskappy 33% en die huidige lede 52% onderskeidelik van die surplus sou kry.
Die pensioenfonds se aktuariële waarde in 2012 was glo byna N$600 miljoen. Na bewering is daar sowat 10 000 voormalige lede wat teen die surplusverdeling beswaar kan maak.
Adv. Norman Arendse, wat namens 75 van die voormalige lede van die pensioenfonds optree, het tydens die verhoor betoog die trustees se besluit rakende die verdeling is nie geldig nie, omdat die maatskappy (Rössing Uraan Ltd) wederregtelik ingegryp het.
Die pensioenfonds het intussen die Namibiese waghond vir finansiële instellings, Namfisa, gevra die maatskappy moet die finale reg hê om oor die surplusverdeling te besluit. Arendse het betoog dié versoek en Namfisa se beslissing hieroor moet deur die hof hersien word, aangesien die surplus aan die fonds en nie die maatskappy behoort nie.
hom is die bestuur van die pensioenfonds, kragtens die reëls van die fonds, uitsluitlik die trustees se verantwoordelikheid.
Die voormalige voorsitter van die pensioenfonds, mnr. Hosea Angula, het glo erken dat die fonds met die kwessie oor voormalige lede geworstel het. Hy het glo erken dat voormalige lede die verdeling mag uitdaag.
Adv. Andrew Corbett wat die fonds verteenwoordig, het destyds betoog die fonds het wetlik en regverdig opgetree en aan al die vereistes met betrekking tot die verdeling van die fonds se surplus voldoen. Volgens hom het die 75 voormalige lede wat die saak by die hof aanhangig gemaak het, se hofaansoek geen meriete nie.
“Indien voormalige lede ’n deel van die surplus sou kry, sou dit ’n negatiewe impak hê op die omvang van die surplus wat aan lede en pensioenarisse van die fonds betaalbaar was. Die meerderheid van die huidige lede was nie ten gunste van die verdeling van die surplus aan voormalige lede nie,” het Corbett betoog.
Nietemin het die fonds besluit om ’n gedeelte van die surplus aan voormalige lede ook uit te betaal en dié uitbetaling is reeds gedoen. Corbett het betoog die voormalige lede het in hul hofaansoek versuim om die gevolge van die tersydestelling van hierdie besluit in ag te neem.
Ueitele het die verhoor tot 1 Junie uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!