Ru00f6ssing seu00ebvier in appu00e8lhof
Ru00f6ssing seu00ebvier in appu00e8lhof

Rössing seëvier in appèlhof

Die uitslag van 'n regstryd oor die verdeling van 'n surplus in die pensioenfonds van 'n mynmaatskappy is verlede week in die hooggeregshof bekend gemaak.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Regter Dave Smuts het Vrydag uitspraak in die appèl tussen Rössing Uranium en die voormalige lede van die Rössing-pensioenfonds voor 'n stampvol hofsaal in die hooggeregshof gelewer.

Hoofregter Peter Shivute, adjunkhoofregter Petrus Damaseb en appèlregter Dave Smuts het beveel dat die appèl slaag en die bevel van die hoërhof ter syde gestel word en vervang word met 'n bevel wat die aansoek van die voormalige lede van die Rössing-pensioenfonds van die hand wys. Omdat die voormalige lede van die fonds pensioenarisse is, is geen kostebevel teen hulle gemaak nie.

Dié uitspraak volg op 'n appèl wat deur Rössing teen voormalige lede van die fonds teen 'n beslissing van hoërhofregter Shafimana Ueitele oor die verdeling van die surplus in die fonds voor die hooggeregshof gebring is.

Die surplus in die Rössing-pensioenfonds was vir 'n aantal jare 'n bron van ontevredenheid onder lede van die fonds.

In November 2011 het die trustees 'n aanbeveling aan die maatskappy se raad vir direkteure gemaak vir die verdeling van die surplus in drie gelyke dele aan lede van die fonds, Rössing en voormalige lede van die fonds, sodat elkeen 33,33% kry.

Die surplus het in Februarie 2012 op ongeveer N$454 miljoen gestaan en Rössing se raad van direkteure het toe besluit dat 15% van die surplus aan voormalige lede van die fonds, 52% aan huidige lede en 33% aan die maatskappy self toegeken behoort te word. Die maatskappy se 33% sou in die vorm van kwytskelding van bydraes vir 'n tydperk van drie jaar wees.

'n Groep van 75 voormalige pen­sioenfondslede was egter ongelukkig met die 2012-besluit en het 'n ­hersieningsaansoek by die hoërhof in Windhoek ingedien om dit te beveg.

Regter Ueitele het die 2012-besluit ter syde gestel en bevind dat die trustees afstand gedoen het van hul verantwoordelikheid om besluite te neem ten gunste van Rössing. Hy het bevind die verantwoordelikheid vir die bestuur van die fonds berus by die trustees.

Rössing en die fonds het daarna teen hierdie beslissing van die hoërhof geappelleer.

In hul appèl, wat aan die begin van Junie aangehoor is, het Rössing en die Rössing-pensioenfonds die hooggeregshof gevra om Ueitele se uitspraak omver te werp en om die maatskappy se besluit oor die verdeling van die surplus te aanvaar.

In hul uitspraak sê die regters dat die voormalige lede van die fonds nie 'n saak uitgemaak het dat die fonds en Rössing onwettig opgetree het nie. Hulle het verder beslis dat die trustees volgens die reëls van die fonds, wat bepaal dat die finale besluit oor die verdeling van die surplus by Rössing berus, opgetree het.

Die senior advokate Reinhard Tötemeyer en Andrew Corbett het onder­skeidelik namens Rössing en die Rössing-pensioenfonds opgetree, terwyl senior advokaat Norman Arendse en adv. Werner Boesak die voormalige lede van die fonds verteenwoordig het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!