Ru00f6ssing-transaksie nie aan ministerie voorgelu00ea
Ru00f6ssing-transaksie nie aan ministerie voorgelu00ea

Rössing-transaksie nie aan ministerie voorgelê

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Anglo-Australiese mynreus Rio Tinto het nog nie die ooreenkoms vir die verkoop van sy belang van 68,62% in Rössing Uranium aan die ministerie van myne en energie voorgelê nie.

Laasgenoemde bedryf die grootste oopgroef-uraanmyn ter wêreld. Dit is ‘n sleutelmyn in die Namibiese mynboubedryf.

Dié ministerie het Vrydag gesê die regering, wat ook ‘n aandeel in die myn het, is nog nie oor Rio Tinto se transaksie van meer as N$1,4 miljard met China National Uranium Corporation (CNUC) ingelig nie.

Die permanente sekretaris, mnr. Simeon Negumbo, sê in ‘n verklaring die ministerie kan nie kommentaar lewer oor moontlike voorwaardes ten opsigte van die transaksie nie, aangesien hy nog nie die ooreenkoms kon bestudeer en bepaal of dit aan die nodige wetgewing voldoen nie.

Rio Tinto se uitvoerende hoof, mnr. Jean-Sébastien Jacques, het verlede Maandag die verkoop van Rio Tinto se beherende aandeel aan die Chinese bekend gemaak.

Die regering besit 3,42% in Rössing Uranium, Iran besit deur die Iranian Foreign Investment Company 15,29%, die Industrial Development Company van Suid-Afrika besit 10,22% en ander minderheidsaandeelhouers besit 2,45%.

Volgens Negumbo het Rio Tinto die ander aandeelhouers daarvan in kennis gestel dat hy beoog om sy belange in die myn te verkoop en uit dié bedryf te tree. Hy sê die ministerie is verlede jaar hiervan in kennis gestel toe onderhandeling met CNUC begin het.

Hy wys ook in die verklaring daarop dat, anders as wat berig word, Rössing Uranium (die maatskappy sowel as die myn) nie in sy geheel aan die Chinese verkoop word nie.

“As Rio Tinto se aandele verkoop word, bly die voorgenoemde aandeelhouers deel van die maatskappy,” het hy gesê.

Volgens Negumbo hang die beklinking van die transaksie van die goedkeuring van die ministerie en die Namibiese Mededingingskommissie af.

Kommentaar

Republikein 2025-04-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer