Ru00f6ssing voeg halfmarathon by
Ru00f6ssing voeg halfmarathon by

Rössing voeg halfmarathon by

Padwedlope
Atletiek Namibië se nasionale marathonkampioenskap, die Rössing-marathon, word op Saterdag 10 Februarie by die Vineta-Noord sportveld in Swakopmund aangebied.

Voorsiening word weer vir die gebruiklike twee hardloopafstande – die 42.2 kilometer marathon en die korter 10 km item – gemaak.

Vir die eerste keer in die 27-jarige bestaan van die Rössing-byeenkoms word 'n halfmarathon (21 km) ook vanjaar aangebied.

Die wennersprys in die marathon is N$10 000 elk vir beide die mans- en vrouekampioene, met kontantpryse ook vir die atlete in die tweede (N$5 000), derde (N$2 000), vierde (N$1 000) en vyfde plekke (N$500) in die marathon, wat die hoofitem van die dag is.

'n Ekstra N$1 000 is op die spel indien die Namibiese nasionale rekord in die marathon verbeter word.

Vir die halfmarathon sal die mans- en vrouewenners elkeen met N$3 000 wegstap. Na verwagting sal die halfmarathon voortaan 'n gewilde deel van die byeenkoms op die Namibiese atletiekkalender word.

Die 10 km Uraan-aflos vir mynwerkers in die Erongo-streek, asook die 5 km pretloop beloof interessante pryse in verskeie kategorieë. Beide is ook gewilde items waarvan die opbrengs aan die Kankervereniging van Namibië bestem is.

Die marathon en halfmarathon se wegspringtyd is om 07:00. Die 10 km begin om 07:15 terwyl die 5 km pretstappers en die Uraan-aflos se hardlopers om 09:00 aan die beurt kom.

Registrasie word op Vrydag 9 Februarie tussen 18:00 en 21:00 by die Vineta-Noord sportveld gedoen.

Inskrywingsvorms en meer inligting is beskik op die webblad www.rossing.com of die volgende skakelpersone:

• Frank Slabbert van Swakop Striders by tel. 064 405788 (h) / sel. 081 240 3383 / [email protected]

• Alwyn Lubbe van Rössing by tel. 064 520 2436 (w) / sel. 081 122 5201 / Alwyn. [email protected]

• Kaino Nghitongo van Rössing by tel 064 520 2286 (w) / sel. 081 316 2885 [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!