Rössing wil appelleer
Jessica Botes - Die uitspraak wat aan die begin van Junie in die hoërhof gelewer is oor die verdeling van die Rössing-pensioenfonds se surplus, sal nou moontlik in die hooggeregshof uitgedaag word.
Dit volg nadat die fonds ’n aansoek om verlof tot appèl teen dié uitspraak by die hoërhof ingedien het.
Volgens ’n mediaverklaring wat deur die fonds se voorsitter, me. Ruth Chun, uitgereik is, het die fonds se raad van trustees besluit om te appelleer teen die hofbevel wat die surplus verdeling se formule tersyde gestel het.
Die kennisgewing van appèl is volgens haar op 29 Junie by die hooggeregshof ingedien. Gevolglik sal die inwerkingtreding van die hofbevel eers uitgestel word tot tyd en wyl die appèl afgehandel is.
“Die fonds se bedrywighede sal dus onveranderd bly hangende die finalisering van die appèlverhoor. Die datum van die verhoor sal deur die hooggeregshof bepaal word,” het Chun gesê.
Regter Shafimana Ueitele het sy uitspraak oor die hersiening van die Rössing-pensioenfonds se surplusverdeling op 1 Junie in die hoërhof gelewer.
Die saak spruit uit ’n besluit wat op 28 Maart 2012 deur die trustees van die pensioenfonds geneem is en wat onderskeidelik bepaal dat voormalige lede 15%, die maatskappy 33% en die huidige lede 52% van die surplus sou kry.
Die pensioenfonds se aktuariële waarde in 2012 was glo byna N$450 miljoen. Na bewering is daar sowat 10 000 voormalige lede wat teen die surplusverdeling beswaar kan maak.
Ueitele het bevind dat die wysiging wat aan die pensioenfonds se reëls aangebring is om die bykomende geld te herverdeel, onregmatig gedoen is.
Adv. Norman Arendse, wat namens 75 van die voormalige lede van die pensioenfonds optree, het tydens die verhoor betoog die trustees se besluit rakende die verdeling is nie geldig nie, omdat die maatskappy (Rössing Uranium Ltd) wederregtelik ingegryp het. Adv. Andrew Corbett wat die fonds verteenwoordig, het destyds betoog die fonds het wettig en regverdig opgetree en aan al die vereistes met betrekking tot die verdeling van die fonds se surplus voldoen.
Volgens hom het die 75 voormalige lede wat die saak by die hof aanhangig gemaak het, se hofaansoek geen meriete nie.
Volgens Chun kan voormalige lede van die fonds hulself in die tussentyd registreer.
“Voormalige lede kan registrasievorms by die hoofbeampte van die trustees of by enige van die Rio Tinto Rössing Uraan Bpk. se kantore kry. Registrasievorms moet volledig ingevul word om te verseker dat die fonds al die nodige inligting het sodat enige verdeling uitbetaal kan word,” het Chun gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie