Rössmund-pare deur na finaal

Gholf
'n Goeie veld van 49 spelers was Saterdag by die Rössmund-gholfbaan in aksie tydens die jaarlikse Bank Windhoek Gholfdag, wat terselfdertyd as die klub se kwalifiserende geleentheid vir die Windhoek Lager Internasionale Parekampioenskap gedien het.

Die weersomstandighede was gunstig, hoewel dit later in die dag nogal koel geraak het. Die wenners:

1 Michael Ludeke en Gary Knight 46 punte.

2 Lesley Stevens en Hans Naobeb 45.

3 Achmet Abrahams en Chris Magson 43 (uittel).

4 Athol McLean en Graham Louw 43.

5 Helmut Njendja en Thomas Shitaleni 42.

Ludeke (twee keer) en Stephanus Bonifacius het voëltjies op syfer 3 putjies behaal.

Ander pryswenners vir die dag was Dawid Coetzee (langste dryfhou op putjie 5) en vir die houe naaste aan die pen (Gary Knight by putjie 3 en John Horne by putjie 16).

Die organiseerders bedank Bank Windhoek opnuut vir sy bydrae tot 'n genotvolle gholfdag.

Rössmund-klub se nuutste kwalifiseerders vir die volgende ronde van die Windhoek Lager Internasionale Parekampioenskap was Michael Ludeke/Gary Knight asook Rina Knight/Lucille Abrahams.

Een finale kwalifiserende geleentheid by Rössmund lê nog op Saterdag 22 Junie voor.

• Die Swakopmund Ope, 'n toernooi wat vir die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu) se merietelys tel, word op 15 en 16 Junie ook by Rössmund gespeel. Die toernooi se nuwe borg is Standard Bank, wat by Multichoice Namibia oorneem.



WINDHOEK BUITEKLUB

Die vierde uit sewe toernooie in die Windhoek Lager Monthly Medley is laas naweek by die Windhoek Buiteklub gespeel.

Die toernooi is goed ondersteun met 39 spelers, van wie 27 in die medalje­formaat gespeel het en die res stableford. Spelers het 'n keuse vir watter formaat hulle wil inskryf. Die medalje-uitslae word gebruik om die klub se medaljekampioen vir die jaar te bepaal, terwyl beide kompetisies tel vir die spankeuse van die Toernooi van Kampioene.

Die medaljekompetisie se algehele wenner vir die dag was Marco Vollgraaff (netto 73, voorgee 3).

Beter netto-tellings is behaal deur Miguel Tordesillas (68, voorgee 16), asook Hylton Villet (72, voorgee 15), maar vanweë hul afwesigheid by die prysuitdeling het hulle nie vir pryse in aanmerking gekom nie.

Die ander voorste uitslae was soos volg:

A-afdeling (voorgee 0-9)

1 Jan van Wyk (netto 74, voorgee 8)

2 Michael Hoeseb (netto 76, voorgee 7)

3 Shaun Smith (netto 78, voorgee 4)

B-afdeling (voorgee 10-16)

1 Sakkie Matheus (netto 74, voorgee 10)

2 Willie Triegaardt (netto 74, voorgee 12)

3 Coen van Graan (netto 78, voorgee 16)

C-afdeling (voorgee onder 17)

1 Paul Grobler (netto 82, voorgee 20)

2 Munya Chipfupa (netto 84, voorgee 26)

Vroue

1 Loide Ngenokesho (netto 79, voorgee 18)

2 Suene du Plooy (netto 83, voorgee 26)

Stableford

1 Clinton Dodds (36 punte), 2 Keith Gardiner (35), 3 Heinrich Schmidt (34, uittel), 4 Theo Saunderson (34), 5 Inklous Suze (32, uittel).

Vier pryse is uitgedeel vir die houe naaste aan die pen, wat ingepalm is deur Wessel Louw (putjies 3 en 9), Michael Hoeseb (putjie 13) en Marco Vollgraaff (putjie 17).

• Komende Saterdag bied die Buiteklub 'n kwalifiserende toernooi vir die Windhoek Lager Internasionale Parekampioenskap aan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!