Rössmund se week van mededingende FNB Sages

Gholf
Altesame 72 senior gholfspelers, insluitend 13 vroue, was vir die ganse week van 1 tot 5 November vanoor die hele land by die Rössmund-klub buite Swakopmund byeen vir die 36ste jaarlikse FNB interklub Sages-toernooi.

Vir senior spelers is dié toernooi 'n jaarlikse hoogtepunt op die gholfkalender.

Afgesien van Maandag laatoggend se suidwestewind was die weerstoestande vir die res van die week eenvoudig perfek vir gholf.

Die toernooi se formaat was individuele stableford. Spelers het dus in hul onderskeie afdelings (afhangend van hul voorgee) meegeding in spanne van vier, waarvan die beste drie tellings op elke dag in ag geneem is in beide die individuele en spankompetisie.

Vanweë die protokol teen Covid-19 wat steeds geldig is, kon die gebruiklik gewilde galadinee nie plaasvind nie.

Die hoofborg FNB Namibia saam met Shoprite/Checkers het verseker dat die spelers 'n fantastiese week van kompetisie en kameraadskap kon beleef. Die klubgebou het elke namiddag gegons namate die tellings bekend geword en bymekaar getel is.

Die uiteindelike wenners van elke afdeling het reeds vanaf die eerste dag die voortou geneem en met deurlopende goeie gholf hul uitdagers te taak verder bemoeilik.

Die voorste uitslae:

Voorsitterstoekenning: aan Angie Lohmann as die beste besoekende vrouespeler (110 punte).

Spankompetisie: 1 Kestrels (Athol McLean, Mark Jacobs, Theo Haimbondi, Clive Lawrence). 2 Golden Oldies (John Powell, Vic Moll, Fanie van Vuuren, John Redman). 3 Geese (John Horne, Harald Engling, Tim Botha, Tienie van Rensburg).

Individuele A-afdeling: 1 Bertus Damon 159 punte; 2 Des van Heerden 136 (uittel); 3 Achmet Abrahams 136.

B-afdeling: 1 Clive Lawrence 151 punte; 2 Richard Matsi 146; 3 Tim Botha 145.

C-afdeling: 1 John Redman 148; 2 John Powell 140; 3 Vic Moll 139.

Die organiseerders spreek hul dank uit aan elke lojale en gewaardeerde borg sonder wie 'n toernooi van hierdie omvang nie moontlik sou wees nie.

Kommentaar

Republikein 2025-01-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 22° | 33° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 24° | 36° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 23° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 22° | 39° Aranos: 25° | 38° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 18° | 35° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 20° | 26° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!