RTA 2018 se toeroperateur-finaliste

Francoise Steynberg
RTA 2018 se toeroperateur-finaliste

Die drie finaliste in Namibia Media Holdings (NMH) se ­Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) se afdeling vir toeroperateurs is Abenteuer Afrika Safari, Ultimate Safaris en Wild Dog Safaris. Die wenners sal tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo 2018 aangewys word.


Abenteuer Afrika Safari

Abenteuer Afrika Safari glo om Namibië te besoek, is kos vir die siel. Dit is dié geheim wat jaarliks nie net nuwe toeriste lok nie, maar maak dat hulle keer op keer terugkom. Terwyl gaste daarop kan fokus om hierdie sielservaring te geniet, sal Abenteuer alles verder hanteer.

Of jy nou saam met ’n vriend of in ’n groep van 100 mense reis, ­Abenteuer kan jou hele reis van aankoms tot vertrek en alles tussenin met gemak organiseer - maak nie saak hoe in­gewikkeld nie.


Ultimate Safaris

Ultimate Safaris doen sy naam gestand en bied besoekers aan Namibië die ­allerbeste safari-ervaring ooit.

Vir die bewaringsbewustes het ­Ultimate Safaris se safari’s twee bewaringstemas - een wat fokus op die groot katte en die ander een op ­kameelperde.

Die toer sluit drie nagte in die veld in saam met navorsers wat ­eerstehandse ondervinding van die werk verskaf wat hulle op hul gebiede doen.

Paartjies wat saam met Ultimate Safaris reis, word aangeraai om ’n paar nagte by hul //Huab- mobiele kamp in Damaraland te bestee. Dit bied nie net eksklusiwiteit nie, maar ook die ­geleentheid om saam met plaaslike renosterwagters spoor te sny op soek na renosters in die woestyn.

Wild Dog Safaris

Met Wild Dog Safaris wat spesialiseer in kampeertoere, bied hulle die meer avontuurlustiges die beste manier om Namibië te sien. Met 20 jaar se ondervinding, kan toeriste verseker wees hul besoek aan Namibië sal ’n onvergeetlike ervaring wees. ’n Uitstekende manier om die land te sien, is om een of meer van die toere te bespreek wat aangebied word. Besoek van die beste wat Namibië kan bied in ’n ervare gids se kundige sorg.

Indien jy verkies om nie in ’n groep te reis nie, sal Wild Dog Safaris ’n private reis ontwerp om by jou belangstellings en behoeftes te pas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!