Ruacana: 'n Heldedaad in die oorlogsjare (Deel 2)
JACQUES WEILBACH SKRYF:
Januarie 1979 het aangebreek en met die reënseisoen in volle swang, was dit weereens 'n skouspel vir die tweede jaar agter mekaar om die Ruacana-valle in volle vloed en 'n reënboog te sien in die namiddagson, terwyl die drie turbines stilstaan.
In my verbeelding het ek elke keer gesien hoe miljoene rande oor die valle stort - ook met geen toeriste om dit te waardeer nie - want ons was in 'n oorlogsgebied.
Daar was in 1978 en vroeg in 1979 twee pogings om die 330 Kv-kraglyn vanaf Ruacana na Omaruru te saboteer deur een van die staaltorings met plofstof te beskadig. Dit was 'n baie tydrowende taak om langs die kraglyn te ry met 'n 4x4 bakkie totdat die plek opgespoor is. Die onbewaakte kraglyn in die noorde deur Kaokoland was meer as 300 km lank.
DIE HELIKOPTERS
JP (Polla) Brand het toe besluit dat Swawek 'n helikopter moes koop om die kraglyninspeksies mee uit te voer. Jacques Migeotte (JM) is Kaap toe gestuur vir 'n maand vir helikopteropleiding. Dit was in die winter van 1979. JM het teruggevlieg van die Kaap af met die splinternuwe Bell 206 Jetranger; pragtig geverf in wit goud en ligbruin met die registrasie ZS-HKE.
Die insypeling van PLAN-vegters het al hoe meer toegeneem in die Noorde en in die jare wat sou volg, het die helikopter 'n al meer belangrike rol gespeel. Swawek het later 'n tweede, gebruikte Jetranger 206 vir 'n goeie prys aangeskaf, HGP, 'n blou en rooi masjien.
Dwarsdeur die jare tagtig was daar talle suksesvolle sabotasie-aanvalle, soms tot drie per jaar, en die helikopters was van onskatbare waarde om die fout vinnig en akkuraat op te spoor. Ruacana was ten volle in bedryf en 'n twee tot drie dae onderbreking het baie geld gekos. Maar nou loop ek die storie vooruit, want in die winter van 1979 was die turbines van Ruacana in 'n frustrerende, geforseerde winterslaap.
Die politici het aanhou lieg oor 'n moontlike diplomatieke skikking. Hoe kan mens so iets verwag in die middel van 'n warm oorlog op die grens?
John Langford, ek en almal van Swawek het deur die loop van 1979 gereeld oor die sluise gesels en elke keer was die frustrasievlak net hoër. JM was ook soms daar.
Die instandhouding en beveiliging van Swawek se vliegtuie was amptelik deel van my verantwoordelikheid as gevolg van my agtergrond. Ek het dit natuurlik baie geniet. Die helikopter het nie 'n lang vlugvermoë gehad nie en moes van Windhoek na Ruacana twee keer land om brandstof in te neem. So 'n vlug het soms vyf uur geduur. Gevolglik het HKE meeste van die tyd op Ruacana-lughawe in 'n oop loods gestaan. Hierdie feit was die eerste skakel in die reeks gebeure wat sou volg aan die einde van 1979.
KERSTYD 1979
Ons siviele werknemers van Swawek het ook maar oor die Kerstyd bietjie afgeskaal, want die kragstasie was doodstil en die kontrakteurs was ook weg huis toe. Ek dink dit was so om en by 16 Desember 1979 dat Migeotte die laaste vlug met JTK gedoen het en ek my laaste besoek voor Kersfees.
Die aand by die enkelkwartiere sit ons na ete en gesels onder andere oor die veiligheid van die helikopter op die lughawe. Die oorlog sou nie stop vir Kersfees nie en met gedurige mortieraanvalle en geweervuur kon dit skade opdoen.
John, ek en Migeotte besluit toe om die volgende oggend vir HKE af te vlieg kragstasie toe en dit daar ondergronds te gaan bêre vir die twee weke tot na Nuwejaar. Die volgende oggend het JM die helikopter kragstasie toe geneem en reg voor die tonnel op 'n platbak sleepwa geland. HKE se rotor en landingsraam is stewig met toue vasgemaak en met 'n vragmotor is dit deur die tonnel tot in die groot turbinesaal gesleep. Almal was tevrede dat sy hier veilig sou wees selfs teen bomaanvalle.
JM en ek is dieselfde namiddag terug Windhoek toe met JTK. Ek is nie presies seker van die datum nie, want ek het nie daardie jaar oor Kerstyd verlof geneem nie.
DIE HEL WAS LOS - TOT BY PIK EN PW
Dit was seker die 3de Januarie 1980 toe ek die oggend in my kantoor kom dat John my op die “carrier”-telefoon bel. Dit is 'n stelsel wat die kraglyn as 'n telefoonlyn gebruik.
Sy boodskap was kort en kragtig:”Ons het gister met die helikopter oorgevlieg na die uitkeerwal en die sluise gaan toemaak. Jy moet maar vir baas JP daarvan vertel." Ek het onmiddelik vir Brand in kennis gestel. Die hel was los, om dit saggies te stel.
Vrae was wie het toestemming gegee dat siviele beamptes met die helikopter oor die grens vlieg en nog talle ander. John en Jacques was albei eerlik en dapper genoeg om verantwoordelikheid te aanvaar.
Die saadjie wat meer as 'n jaar gelede geplant is oor die oop sluise het wortel geskiet en uiteindelik oorgegaan tot 'n daad. Die weermag op Ruacana het onmiddellik daarvan te hore gekom en die lyne geslaan van die departement van buitelandse sake onder Pik Botha tot op die hoogste vlak, naamlik PW Botha. Die het vir JP geskakel en daarop aangedring dat die skuldiges van Swawek dadelik ontslaan moet word, want dit het die diplomatieke pogings verongeluk.
Ek is toe natuurlik ook een van die skuldiges as departementshoof van kragopwekking (en in tegniese beheer van die vliegtuie). Om 'n lang storie kort te maak, was JP Brand lojaal aan sy werknemers en daarvoor gee ek hom al die eer. Hy het geen vrees getoon teenoor manne soos PW of die hoof van die weermag nie. Hy het net 'n verklaring uitgereik dat daar dissiplinêr teen die skuldiges sou opgetree word. Sonder om name te noem, en daarmee was die saak van Swawek se kant afgehandel.
DIE TURBINES ROL
Hierdie situasie, waarvoor ons so lank gewag het, het 'n groot geskarrel by Swawek veroorsaak. Die tegnici van Oostenryk en Eskom het twee dae later teruggevlieg, want daar was nou baie toetswerk om te doen.
Binne drie of vier dae het die eerste turbine begin draai en is krag vir die eerste maal in die Swawek-netwerk ingevoer. Die netwerk was destyds maar baie klein en het net die hoofroetes bedien. Een turbine van 80 MW kon twee keer die aanvraag van Windhoek voorsien. Dus was die beskikbaarheid van 240 MW enorm; feitlik twee maal die totale elektriese aanvraag van Suidwes.
(Die slotaflewering van die vertelling verskyn in môre se uitgawe.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie