Ruacana-valle is 'n ware skouspel

Riviervlakke in die noordelike dele styg steeds met swaar reënval wat in Angola voorgekom het.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Ruacana-valle in die Kune­nerivier is tans skouspelagtig mooi met goeie reën wat die afgelope twee weke in die omgewing geval het, asook swaar reënbuie wat in Angola voorgekom het.

“Dit het die afgelope twee weke elke liewe dag op Ruacana gereën,” het me. Anne-Maré van Schalkwyk van die Ruacana Gastehuis gesê.

“Ons is in die sewende hemel. Die Ruacana-valle het in 2011 laas so sterk gevloei.”

Op Ruacana Gastehuis se Facebook-blad is pragfoto's van die Ruacana-valle van Eben Kleynhans geplaas.

Volgens die Namibiese hidrologiese dienste was daar swaar buie die afgelope week in Angola en die vlakke van die Kunenerivier het gestyg, maar het nog nie vloedvlakke bereik nie. Die water in die Kunenerivier het gister teen 494,9 kubieke meter per sekonde by Ruacana gevloei teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar van 302,9 kubieke meter per sekonde.

Die Zambeziriviervlakke by Katima Mulilo is steeds besig om te styg en het gister 6,42 meter gemeet, dieselfde vlak as verlede jaar dieselfde tyd.

By Nkurenkuru en Rundu bly die Kavangorivier vinnig styg met vlakke wat onderskeidelik op 3,84 meter en 6,12 meter staan.

“Watervlakke by Rundu het sedert Vrydag met 10 cm gestyg wat bogemiddeld is,” lui die vloedverslag van die hidrologiese dienste. “Watervlakke van sommige van die Cuvelai-opvangsgebied is besig om te styg en ons verwag dat dit gaan voortduur vanweë die goeie reën wat die afgelope dae in die opvangsgebied voorgekom het.”



REëNSYFERS

Die naweek het goeie neerslae landswyd voorgekom en die hoofstad is ook sopnat.

Op die Facebook-blad van “Reën in Namibia” is die volgende reënsyfers vir die naweek aangemeld: Plaas Holenhorst in die Khomas Hochland 70 mm, Academia 52 mm, Klein Windhoek 50 mm, Hochlandpark en Pionierspark 40 mm, Windhoek-Wes 38 mm, Do­radopark 35 mm, tussen Otjiwarongo en Kalkfeld 34 mm, Cimbebasia en Eros 32 mm, Ludwigsdorf 25 mm, Finkenstein 24 mm, Omaruru 23 mm, tussen Rehoboth en Kalkrand 21 mm en Elisenheim 20 mm, Gross Barmen 12 mm en Bethanie 10 mm. Op die plaas Wêreldend, 95 km suid van Sesriem op C27-pad langs NamibRand, het dit tussen 12 mm en 25 mm gereën en op die plaas Emmarentia naby Leonardville is 26 mm uit die reënmeter gegooi. Tussen Keetmanshoop en Aus is Saterdag buie gerapporteer, asook by Outjo en op Oshakati.

Volgens die Namibiese weerkantoor gaan dit vandag gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Suide en die verre Noordweste wees. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met enkele tot geïsoleerde donderbuie.

Die damvlakke soos op 3 April gemeet in vergelyking met verlede jaar se vlakke in dieselfde tydperk staan op: Von Bach 52,8% (58,6%), Swakoppoort 36,5% (38,6%), Omatako 9,4% (53,7%), Hardap 47,1% (69,9%), Naute 71,7%, (97,7%) en Oanob 66,5% (91,2%).

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!