Ruacana volstoom op dreef
Ronelle Rademeyer
NamPower se hidrokragstasie by Ruacana wek tans krag teen sy volle kapasiteit van 330 MW op.
Die Kunenerivier vloei nou teen 631,1 kubieke meter water per sekonde by Ruacana, wat dubbel die volume water van 'n week gelede is. Verlede jaar dié tyd was die rivier se vlak op 207,3 kubieke meter water per sekonde.
Mnr. Schalk van Schalkwyk, operasionele superintendent by die hidrokragstasie, sê die seisoen is vanjaar laat.
“In die vorige seisoen was ons teen 20 Desember (2016) al op volvrag, terwyl ons eers verlede week teen ons volle kapasiteit begin opwek het.”
Hy sê die water vloei nou sterk uit Angola en NamPower kon een van die sluise in die opgaardam se wal met 3 m ooptrek om die oortollige water stroomaf in die Kunenerivier uit te laat.
Dit het meegebring dat die rivier se vlak by die Kunene River Lodge sowat 50 km wes van Ruacana oor die naweek begin styg het.
Die bestuurder, me. Leonie du Plessis, sê hulle moes die spreiligte onder die dekke oor die rivier verwyder, aangesien die water te hoog begin styg het. “Dit is darem nog nie so hoog dat ons 'n vloed vrees nie,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie