‘Ruby & Roach’ gryp steeds die wêreld aan

Yandi Du Plessis
’n Rolprent wat deur ’n Namibies-gebore filmmaker geanimeer is en waarin daar nie ’n woord gepraat word nie, gryp steeds die wêreld aan.

Ruby & Roach handel oor twee speelgoeditems wat stof vergaar in ’n winkel op die lughawe. Niemand koop hulle nie omdat hulle anders as die gewilde diere is. Dan beraam hulle self ’n plan om van die rak af te kom.

Dit is pas as beste fliek in die kategorie vir kort animasieprente op die maandelikse Paryse rolprentfees in Frankryk benoem. Vroeër vanjaar is dit ook as beste kinderprent op die internasionale animasiefees in Tbilisi, Georgië, vereer, as beste musiekvideo/musiekprent van die Blu Hill- aanlyn fees, beste kort animasieprent op die Vesuvius-rolprentfees in Italië en dit was ’n finalis in die Hollywood Art and Movie-pryse in Los Angeles.

Die rolprentmaker Erentia Bedeker, wat op Khorixas grootgeword het, het die fliek beskryf as die verhaal van twee randfigure wat nie inpas by die status quo nie en daarom verwerp word.

“Ek was nog altyd ’n ondersteuner van die underdog. Ons leef in ’n samelewing waar ons mekaar so maklik etiketteer en veroordeel wanneer jy nie by die massa aanpas nie. Die meeste mense het egter al êrens in hul lewe beleef hoe dit voel om as buitestander bestempel te word, om nie ‘gekies’ te word nie weens iemand anders se standaard waaraan jy kwansuis nie voldoen nie,” het Bedeker gesê.

“Met Ruby & Roach wil ons vir al daardie randfigure sê, dis oukei, jy is goed soos jy is en jy hoef nie te verander nie. Jou storie kan ook ’n gelukkige einde hê as jy iets aan jou omstandighede doen en nie toelaat dat ander se onkunde en liefdeloosheid jou onderkry nie.”

Dié stop motion-fliek is verlede jaar op die internasionale rolprentfees in Durban as beste kortprent van Afrika en beste Suid-Afrikaanse kortprent bekroon. Die fliek word steeds wyd internasionaal vertoon en het op talle van die feeste se amptelike lyste gepronk. - Verwerk van Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!