Rugby en sokker voer die botoon
Sokker en rugby het verlede week vir groot opwinding by die FNB Classic Clashes gesorg.
In die eerste sokkerwedstryd van die seisoen het Concordia College vir Rocky Crest Hoërskool met 1-0 gewen, terwyl die Sekondêre Skool Suiderlig die Sekondêre Skool JA Nel met 3-2 geklop het.
Die Classic Clash-helde was Domingos Kokeia van Rocky Crest Hoërskool en Tangeni Abed van Suiderlig Hoërskool. Hango Mbaunguraije van Concordia College en Franklin Witbooi van Suiderlig Hoërskool is beide as speler van die wedstryd aangewys.
Op 31 Mei het die Sekondêre Skool Swakopmund vir Coastal Hoërskool by die Vineta-sportterrein op Swakopmund met 4-0 gewen.
Wat rugby betref, het die Sekondêre Skool PK de Villiers op Keetmanshoop op 25 Mei vir Mariental Hoërskool met 25-17 by die Keetmanshoop-rugbystadion gewen.
Cuderio Conlman en Morique Burger van PK de Villiers is onderskeidelik as Classic Clash-held en speler van die wedstryd aangewys.
Volgens die organiseerders is vanjaar se FNB Classic Clashes van die beste ooit wat organisasie betref. Leerlinge van beide skole het douvoordag van die middedorp na die rugbystadion gestap en daardeur hul waardering vir die waarde van dié wedstryde in die streek betoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie