• Tuisblad
  • Sport
  • Rugby: Tafel Lager (Namibië Brouerye) nuwe hoofborg van Griekwas

Rugby: Tafel Lager (Namibië Brouerye) nuwe hoofborg van Griekwas

Rugby
Andrew Poolman
Kimberley – “Vandag is sekerlik een van die beste dae in die geskiedenis van die Griekwaland-Wes Rugby-unie,” het dié unie se president, mnr. Jannie Louw, vanoggend hier by die aankondiging van Tafel Lager as die nuwe hoofborg van die GWRU gesê.
Die belegging van die Namibië Brouerye is die grootste borgskap wat die Griekwas-unie in sy trotse geskiedenis van 130 jaar verkry het en voorspel ’n nuwe era vir rugby in die streek.
“Dit was ’n lang en moeisame proses om die regte borg vir ons unie te vind. Van deurslaggewende belang was dat so ’n besigheid nie bloot ’n borg moes wees nie. Daar moet gedeelde belange wees met ’n sakevenoot van internasionale ervaring wat ons strategiese planne kan ondersteun,” het Louw gesê.
Hy het die noue bande tussen die mense van die Noord-Kaap en Namibië beklemtoon. Dit word onder meer weerspieël in die getal rugbyspelers wat reeds in beide unies se kleure uitgedraf het.
Die borgskap strek oor drie jaar (2017 tot 2019). Die span staan as Tafel Lager Griekwas bekend, die stadion is nou Tafel Lager Park en dié NBL-bier het ook die eksklusiewe “skink-regte” in die stadion verkry.
Op sosiale media het Griekwas-ondersteuners sedert die aankondiging reeds gereageer dat hulle dit as goeie nuus verwelkom en daarna uitsien om na Tafel Lager as hul gunstelingbier oor te skakel.
Louw het nie net die besturende direkteur van die Namibië Brouerye, mnr. Wessie van der Westhuizen, en sy bestuur vir hul welwillendheid bedank nie.
“Ek kan u verseker dat die opbrengs op hierdie belegging die stoutste verwagtinge gaan oortref. Hierdie stelling kan gestaaf word deur Griekwas-rugby se vorige borge soos Nashua, Wildeklawer, GWK en Oranjerivier Wynkelders. Ek glo Tafel Lager sal binnekort Suid-Afrika se gunsteling bier word. Sonder twyfel sal die NBL se ander produkte soos Windhoek Lager ook by hierdie blootstelling baat.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!