Rugbykoors loop hoog in u00adNamibiu00eb
Rugbykoors loop hoog in u00adNamibiu00eb

Rugbykoors loop hoog in ­Namibië

Elvira Hattingh
Vir die eerste keer sal Nick Mallett en John Mitchell, van die mees gerespekteerde rugbyontleders in wêreldrugby en wat onder andere die Springbokke en All Blacks afgerig het, op een verhoog in Namibië te siene wees.
Wêreldbekerkoors word op Maandag 31 Augustus 17:00 vir 17:30 by die SKW Sportgronde aangebied.
Mallett en Mitchell word vergesel deur die gewilde Jonathan en Pottie wat deesdae gereeld op TV in Chat Bietjie Ball gesien word. Radio Raps en Chat Bietjie Ball is reeds meer as 5 miljoen keer YouTube gekyk en nou kan Namibiërs hulle regstreeks beleef. Gedurende die aand sal die kenners hul mening oor die komende wêreldbeker lig, veral oor hoe Suid-Afrika en Namibië behoort te vaar. Wees ook voorbereid om verrassende opinies van bekendes soos Naas Botha, Joel Stransky, Peter de Villiers en natuurlik Nataniël te hoor.
Ons nasionale rugbyspan, die Welwitschias, sal ook verteenwoordig wees en sterkte toe­gewens word met hul deelname aan die RWC 2015, veral teen Nieu-Seeland op 24 September.
Benewens die ernstige debatte, beloof die aand ook groot pret en vermaak met lewendige musiek deur die ontluikende sanger Neil Somers.
Vir tafelbesprekings, kontak Darhita by ­Home­conomix (083 383 3333).

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!