Rugbypredikante en wyse manne
Met die rugby wat onlangs opnuut sy loop geneem het, het ’n biezonderse subspiese weer ná ’n ekstendit periode van hibernasie sy verskyning gemaak.
In suidelike Afrika, dis nou Namibië en veral ons suidelike buurman, is daar heelwat rugbywyses.
Van hulle is net slim, van hulle het ’n rugbygraad. Daar is ook die ná- en saampraters.
Dan is daar die grootbekke wat ná ’n voorsiene loesing totaal en al van die radar verdwyn om eers weer sy verskyning te maak ás sy span ná ’n lang tydperk met die hulp van die arbiter ’n so-so oorwinning behaal het.
Dan is daar die stil tipe. Maak nie saak of sy span wen of verloor het nie. Rojale en gawe ou Frik wat almal se pêl is . . .
Jy kry ook die rugbypredikant.
Die selfaangestelde redder en messias wat elke woord wat hý sê, met soveel gesag bejeën dat niemand hom van iets anders kan oortuig nie. Al weet hulle gewoonlik minder as ’n kat van saffraan van rugby, predik hulle graag hul eie rugbygeloof met passie.
Dikwels word daar met groot simpatie na die “arme man” verwys. Dit gebeur eers as die ander manne by die braaivleisvuur hom begin ignoreer en die gesprek subtiel in ’n ander rigting begin stuur, dat hy so half terloops verskoning vra om na binne te verdwyn waar hy die rokvolk gaan ontstig.
Dis gewoonlik nie te lank nie, dan peul al wat vrou is by die huis uit om kamstig by manlief te gaan inhaak. Dis net die rugbypredikant se ander helfte wat onbewus van die dilemma is wat haar beterweterige man veroorsaak het, wat half skamerig eenkant vir haar ridder op sy eie stem staan en wag.
Soms gebeur dit mos dat ’n stillerige outjie soos ek in dié tipe rugbygeselskap beland. Naderhand voel ek ek wil óók iets intelligents kwytraak. Ek het mos darem ook my trots.
So het dit al gebeur dat ek by geleentheid mense, en veral jonger mense, vertel het die WP is iewers in die tagtigerjare een Saterdagnamiddag op ’n papsopnat Nuweland deur die destydse Suidwes-rugbyspan afgeransel.
Dan begin daardie kyke tussen jou gespreksgenote wissel en van hulle kry so ’n veraf uitdrukking in die oë soos ’n hond wat besig is om ’n landmyn op die buurman se vars gesnyde grasperk aan te bring.
Jy kan sommer sien hoe die emosie van “ja my ou, dink jy ons is onnosel?” vlak in hul oë nesmaak.
Die arrogantes gee soms ’n proes van verontwaardiging alvorens hulle skielik ’n trippie daar na die kleinhuisie moet maak om jou darem uit respek nie heeltemal in die verleentheid te wil stel nie.
Ek het ook al die misstap in ’n oomblik van swakheid begaan om mense van die Duitse tante te vertel wat haar dierbare kat in die mikrogolfoond gesit het.
“Nou hoe het dít gebeur?” word soos klokslag met stomme verbasing gevra.
Dit was al laat in Mei toe ’n onverwagse donderstorm Windhoek tref en die tante se kater sopnat sous. Halfverkluim het kieter uiteindelik sy weg na sy ounooi gevind en dié het hom uit die goedheid van haar hart vir drie draaie en ’n druk in haar nuwe mikrogolf geplaas om hom droog en warm te kry.
Volgens die tante sou dit net vir ’n kort rukkie op defrost gewees het.
Die uiteinde van die saak is dat Katjie nie die katarsis oorleef het nie en dat sy nie meer die monster wat haar kat se lewe geneem het, wou hê nie.
“Putsy hat nur puff gemacht,” het die tante glo vertel.
Dan kom dieselfde emosie soos met die oorwining teen WP van my gehoor na vore. Dis alles goed en wel. Ek sal dit soos ’n man vat. Dink wat julle wil, maar ek wil net vir julle almal wat dink dat ek blatant soos ’n tandetrekker daaroor gelieg het, sê ek het die bewyse vroeër vanjaar opgespoor om my absurde en ongeloofwaardige stories mee te staaf.
Hier by die koerant het ons mos argiewe waar al die Republikeine van jare toet tot nou toe veilig gebêre word.
Kom maak ’n draai, dan wys ek julle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie