Rugbyspeler, polisieman doodgeskiet
Misdaad
Augetto Graig – Die 28-jarige rugbyspeler Nikin-John Cloete en konstabel Mervin Pieters is beide dood ná ’n skietvoorval sowat elf minute na middernag Saterdagaand op Lüderitz.
Speurhoofinspekteur Jessiah Higoam van Lüderitz het die voorval bevestig, maar wou geen verdere besonderhede bekend maak wat moontlik die ondersoek kan beïnvloed nie.
“Ja, daar was ’n skietvoorval. Ja, albei betrokkenes, ook die polisiebeampte, het gesterf,” het hy gesê.
Hoewel die polisie teen laat gister nog nie die naweek se misdaadverslag aangevul het met besonderhede van dié skietvoorval nie, het ’n ingeligte bron gister bevestig ’n polisiebeampte is in hegtenis geneem en sal vandag in die landdroshof op die dorp verskyn.
Intussen het kennisgewings dat die gemeenskap gaan betoog teen die toestaan van borgtog wyd op sosiale media gesirkuleer.
Volgens ingeligte bronne het die polisie tydens ’n patrollie ná die aandklok op ’n byeenkoms by ’n woning in die NHE Agatepark-ontwikkeling afgekom.
Die polisiegroep het glo die rusverstoring ná die aandkloktyd opgemerk en het die besoekers versoek om huis toe te gaan.
’n Stryery het glo ontstaan oor ’n vuurwapen wat gekonfiskeer is. Dinge het handuit geruk en Cloete het op die toneel raakgeskiet, terwyl Pieters se noodlottige wond klaarblyklik ook in dié proses toegedien is voordat hy ’n tydjie later dood is.
Mnr. Eugene Beukes, wat saam met die buurtwag op die toneel was, het gesê daar is onduidelikheid oor die presiese gebeure wat tot die skietery aanleiding gegee het. “Ek weet nou nog nie wat gebeur het nie,” het hy gister gesê.
Cloete, ook bekend op die bynaam “Zaza”, het klubrugby vir Ocean Swallows van Lüderitz gespeel.
As vleuel, senter of heelagter het hy gedurende 2018 ook in Windhoek vir FNB Western Suburbs se eerste span in die NRU premierliga uitgeblink. Hy is daardie jaar as die Suburbs-spelers se speler van die jaar aangewys en het ook die meeste drieë vir die eerste span gedruk.
In dieselfde jaar het Cloete ook enkele verskynings vir die Welwitschias in die provinsiale SuperSport- uitdaagreeks gemaak.
Die koerant verneem Cloete het as visserman op ’n tunaboot gewerk en was die broodwinner in sy familie.
– [email protected]
FOTO’s
Konstabel Mervin Pieters. Foto verskaf
Nikin Cloete. Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie