Ruim harte maak verskil in Groot Aub

Die gemeenskap van Groot Aub het onlangs vir die tweede keer tydens die Covid-19-pandemie 'n voedselskenking van die Duitse Lutherse Kerk in Namibië (GELC) ontvang.

As deel van die eerste skenking op 1 Mei is 2,5 ton droë bone uitgedeel.

Me. Ute Brand het meer as 'n halfmiljoen Namibiese dollar vir die projek ingesamel. Saam met pastoor Deolinda Defonseca van Groot Aub het die twee vroue 'n beroep op leiers van die gemeenskap gedoen om te help met die verspreiding van die skenking sodat dit so regverdig en deursigtig as moontlik geskied. Die vroue was tevrede met wat hulle vermag het, hoewel sommige gemeenskapslede hulle gekul en twee keer kos ontvang het. Gelukkig was daar steeds genoeg kos vir elke behoeftige familie.

Op 6 Junie is weer 30 ton mieliemeel, 10 000 blikkies vis en 50 000 koekies seep uitgedeel. Pastore van die GELC in Windhoek en biskop Burgert Brand was op Groot Aub om met die aflaai en verspreiding te help.

“Die projek is moontlik gemaak deur die goedhartigheid van baie mense en puik spanwerk,” het die biskop gesê.

“Die Maltzahn-familie van die plaas Hüttenhof naby Otavi het stampmielies teen 'n goeie prys verskaf.

“Metro in Windhoek het die bone, vis en seep teen 'n goeie prys verskaf en op hul eie onkoste op Groot Aub afgelewer. Hulle het ook van hul werknemers Groot Aub toe gestuur om te help me die aflaai van die vragmotor. Kahn Carriers het een van hul vragmotors vir die eerste besending voedsel teen kosprys aangebied.

“Honderde mense het ook ruim gegee sodat die mense kos kon kry. Ons is dankbaar die Lutherse Wêreldfederasie het vir die tweede besending 'n groot skenking gegee.

“Gedurende die hoktyd wou ons kerk voedsel aan behoeftige mense in en om Windhoek uitdeel. Ek het verskeie kere verskillende regeringskantore genader om hulle van ons aanbod in te lig, maar het nooit 'n antwoord van hulle ontvang nie.

“My e-posse is herhaaldelik geïgnoreer. Ek het van verskeie ander kerke gehoor dat hul helpende hand ook deur die regering verwerp is. Intussen het pastoor Defonseca my geskakel en van die ernstige nood in haar gemeenskap vertel. Ons het besluit om die mense te help.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!