Ruimteman Japie ontwerp masjien vir blitstoetse
Mediese vernuf in die stryd teen die coronavirus is waarmee die bekende dr. Japie van Zyl hom tans besig hou.
Ronelle Rademeyer - Die oud-Namibiër en ruimtenavorser dr. Japie van Zyl is saam met ander Amerikaanse ingenieurs en wetenskaplikes besig om ’n blitstoetsmasjien te vervaardig wat binne minute kan bepaal of ’n pasiënte Covid-19 het, asook wat sy of haar viruslading is.
Drie prototipes van die masjien word reeds gebruik om die doeltreffendheid te bepaal, terwyl die Amerikaanse Food and Drug Administration (FDA) vandeesweek met die aansoek om goedkeuring sal begin.
Van Zyl het verlede jaar as hoof van astronomie en fisika by Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL) afgetree. Hy het in ’n video-onderhoud met Republikein uit sy huis in Pasadena, Kalifornië, skertsend gesê met sy aftrede het hy besef dit is tyd om terug te keer uit die ruimte en iets van waarde op aarde aan te pak. “Ek het net nie besef dit sal so gou gebeur nie.”
Vir die doeleindes van hierdie projek is die maatskappy Fast Detect gestig, met hyself as die uitvoerende direkteur, sê Van Zyl.
“Die hele masjien is oor die internet ontwikkel en aanmekaar gesit. Die ouens (sy vennote in Fast Detect) bou dit by hul huise en in hul woonstelle en ons koerier dit na mekaar,” vertel hy.
Dit sal teen minder as US$1 000 vir dokters en hospitale beskikbaar wees en sal Amerika in staat stel om op ’n veel groter skaal vir Covid-19 te toets. “Dit skakel sentrale laboratoriums uit waar dit 24 tot 48 uur duur om toetsuitslae beskikbaar te stel en maak dit vir ’n dokter moontlik om in sy praktyk pasiënte te toets in die tyd wat ’n normale doktersbesoek duur.”
Van Zyl sê afhangend van die viruslading van die pasiënt, kan die uitslag in minder as 15 minute beskikbaar wees. Verder kos dit ’n fraksie van wat dit kos om ’n sentrale laboratorium in te rig – iets wat die eienaars van so ’n laboratorium tot soveel as US$250 000 uit die sak kan jaag.
Hy sê die FDA het toestemming van die federale regering in Amerika gekry om die evaluering van middels en tegnologie wat vir gebruik in die bekamping van die coronavirus ontwikkel is, binne twee weke pleks van die normale 18 tot 24 maande af te handel.
“Ons sal vandeesweek begin om ons data voor te lê en dit behoort teen die einde van April afgehandel te wees. Intussen het ons toestemming om dit reeds by twee groot hospitale in die VSA te toets, want daar is geen fundamentele rede waarom die masjien nie goedgekeur sal word nie,” vertel Van Zyl.
Hy verduidelik die masjien is ontwikkel om presies dieselfde diagnostiese metode as groot laboratoriums te gebruik. Dit staan as die “goue standaard-toets” bekend.
Kortlik behels dit dat die stokkie wat gebruik word om ’n neus- of keeldepper van die pasiënt te neem, in die masjien geplaas word. As die virus in die depper teenwoordig is, heg die DNS daarvan aan ’n sintetiese segment van die virus in die masjien se toetsapparaat en dit gee ’n positiewe toetsuitslag.
Van Zyl sê die beplanning is om vanaf einde Mei sowat 1 000 van die masjiene per maand te vervaardig. Dit is egter die vervangbare toetshouers in die masjien wat die probleem is, aangesien honderde duisende daarvan nodig sal wees, verduidelik hy.
Amerika het gister volgens worldometers.info 560 433 gevalle gehad, met 22 115 mense wat reeds gesterf het. Dit is meer as eenderde van die getal mense in die wêreld wat die virussiekte het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie