Ruiters leen perde en klop RSA in KZN
Perdesport
Vir die tweede keer in twee weke het Namibië se jong ruiterspan in die Afrikaskild driefasekompetisie uitgeblink.
Ná hul oortuigende oorwinning teen die span van Zimbabwe (op geleende perde) en Suid-Afrika by die Duneside-perdryklub buite Gobabis, het die Namibiërs – hierdie keer self op geleende perde – opnuut dieselfde twee opponente uitgestof by hul ontmoeting in Shongweni, KwaZulu-Natal.
Die dressuur-fase was hewige kompetisie tussen al die spanne, met die nuweling Kenia wat verrassend die voortou geneem het. Die Oos-Afrikane het net 99.1 strafpunte afgestaan, met Suid-Afrika op 100.5, Zimbabwe op 103.4 en Namibië op 105.9.
Danksy drie uitstekende ritte in die veldhindernisbaan het die Namibiërs egter briljant hul stempel afgedruk.
Verskeie natuurlike springhindernisse word opgestel as deel van die baan wat gewoonlik sowat 1.5 kilometer lank is en wat ook op- en afdraandes deur die veld insluit en wat teen tyd afgelê word.
Laura Jakob (op haar perd Gijima) en Emily Braune (Rathmor Cassanova) het foutlose rondtes gery, terwyl Danika Gogol (Barnsley Boy) agt strafpunte gekry het om haar telling op 44.3 te staan te bring. Daniela Imhof (Bedouin Boy) is uitgeskakel, maar dit het nie saak gemaak nie omdat elke span se beste drie tellings in ag geneem is.
Namibië het gevolglik die voortou geneem op 114.3 strafpunte ná die veldhindernisbaan, gevolg deur Suid-Afrika op 118.9 en Kenia op 139.9.
'n Bietjie hulp van die geluksgodin was betrokke in die skouspring met 'n hindernispaal wat gestamp is, maar wat nie afgeval het nie. Suid-Afrika het 'n foutlose vertoning gelewer terwyl Namibië een paal laat val het vir net vier strafpunte – genoeg om die goue medalje met 118.3 te verseker, net 'n naelskraapse 0.6 voor Suid-Afrika (silwer, 118.9). Die brons is aan Zimbabwe toegeken.
Afgesien van Namibië se goud in die spankompetisie, het Emily Braune op Rathmor Cassanova ook die silwermedalje in die individuele puntestand ingepalm.
Die Afrikabeker en Afrikaskild driefasereeks word oor 'n tydperk van twee jaar beslis en stel spanne in Suider-Afrika in staat om teen mekaar mee te ding. Elkeen van die vier lande kry 'n beurt om die gasheer vir een van die vier byeenkomste te wees.
In die Skildkompetisie wat twee jaar gelede klaargemaak het, het Namibië die silwer beklink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie