Ruiters skitter op Swakop
Sowat 100 ruiters het aan die vier dae lange Reiterverein se nasionale skouspring- en dressuurkampioenskappe op Swakopmund deelgeneem.
Adolf Kaure – Silvia Kleyenstüber, stalbestuurder by die Swakopmund Reiterverein, het gesê die nasionale skouspring- en dressuurkampioenskappe, wat Donderdag afgeskop het, het vanjaar heelwat meer deelnemers as tevore opgelewer.
“Ouers het die afgelope jare in baie goeie perde belê en baie afrigters van oorsee het die ruiters afgerig, wat die sport in die algemeen heelwat verbeter het.
“Die juniors het vanjaar groot spronge van vooruitgang geneem. Ons het heelwat meer wat in die hoër klasse meeding as laas jaar,” het Kleyenstüber gesê.
Volgens haar het dié sport in die algemeen in die afgelope paar jaar verbeter.
“Dit is ’n uitdaging gegewe Namibië se ekonomiese omstandighede, want dit is ’n duur sport. Ons het beslis goedgeteelde Namibiese perde en belowende jong ruiters wat bereid is om ekstra in te sit om Namibië nasionaal en internasionaal te verteenwoordig.”
Kleyenstüber het al die borge bedank wat die kompetisie moontlik gemaak het.
Sy het die jeug aangemoedig om aan dié sport deel te neem, want “dit leer die jeug verantwoordelikheid en toewyding tot die daaglikse versorging van diere, en is ook terapueties.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie